Twee vas ná wapendiefstal op plaas

tronk

Argieffoto.

Twee mans het Woensdag in die hof verskyn nadat daar onlangs by ʼn plaashuis in Noordwes ingebreek en onder meer vuurwapens gesteel is.

Lt.kol. Pelonomi Makau, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die twee verdagtes, Joseph Thembisa (28) en Onkemetse Thembisa (28), het vlugtig in die Ganyesa-landdroshof verskyn op aanklagte van die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie, die besit van vermeende gesteelde goedere en huisbraak.

Die saak is tot 17 Oktober uitgestel om die beskuldigdes die geleentheid te gun om vir regshulp aansoek te doen. Hulle bly in aanhouding.

Die verdagtes is onderskeidelik Maandag en Dinsdag in Ganyesa in hegtenis geneem ná ʼn gesamentlike poging deur beamptes van die honde-eenheid, openbare orde-polisie, sigbare polisie-eenheid en misdaadintelligensie-eenheid.

“Die inhegtenisnemings volg nadat daar verlede week by ʼn plaashuis in die omgewing ingebreek is. Vuurwapens, ʼn skootrekeneaar, ʼn tabletrekenaar, selfone en juwele is tydens die inbraak gesteel,” het Makau gesê. Die polisie het tydens die inhegtenisnemings beslag gelê op die gesteelde vuurwapens en vermeende gesteelde ware.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ou Tannie ·

Is dit n tweeling? Dieselfde van en ouderdom. Vra maar net. Die stoute Kabouters.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.