Twee mense is in Noordwes in hegtenis geneem nadat daar 167 renosterhorings in hul besit gevind is.
Die twee verdagtes, 57 en 61 jaar oud, is Saterdag in hegtenis geneem nadat die Valke ʼn wenk ontvang het oor ʼn voertuig wat renosterhorings vervoer, het brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, gesê.
“Die voertuig is in die Hartbeespoortdam-gebied voorgekeer en daar is op 167 renosterhorings beslag gelê.” Volgens Mulaudzi was die horings vir die Suidoos-Asiese markte bestem.
“Daar word steeds ondersoek ingestel na die twee verdagtes sowel as die waarde van die horings.”
Mulaudzi het gesê daar sal in ʼn latere stadium meer inligting bekend gemaak word.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
9 Kommentare
Sluit hulle toe en gooi die sleutels weg.
dis vir my so sad om te dink dis weer 167 renosters wat moes dood vi di horings.dis sulke mense wat ni n gevoel het of worry ni en wat di hardste huil as iets na hulle kant to gaan.sali se sluit daai mense toe ni sal se sluit daai goet toe en gooi sleutel weg lat hulle ini tronk vrot.
Hang Em High till the pale rider comes home
Die horings is nou in die besit van die valke..wat word nou daarmee gedoen? Wie gaan n finasiële slag slaan? Ek vra maar net want in die land word so min dinge op n eerlike manier gedoen.
Die horings is nou in die besit van die valke..wat word nou daarmee gedoen? Wie gaan n finasiële slag slaan? Ek vra maar net want in die land word so min dinge op n eerlike manier gedoen.