Twee vas oor 17-jarige se verkragting

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Tiener is verkrag, glo deur een van haar vriende en nog ʼn man, naby Butterworth in die Oos-Kaap.

“Die meisie is Saterdag in Msombomvu-informele nedersetting verkrag,” het kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie, Sondag gesê. “Die meisie is glo verkrag deur dieselfde vriend by wie sy gaan kuier het, en ʼn man wat ook in die huis was.”

Die twee verdagtes, onderskeidelik 18 en 20 jaar oud, is in hegtenis geneem. Hulle sal na verwagting Maandag in die Butterworth-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ai tog ·

Die tipe gedrag is afskuwelik 18 jaar en jy verkrag wat het hy gedink dis maar net ‘n speletjie deesdae broei daar wonderlike goed in ons jongmensse se koppe.

Anton Smit ·

Ek hoop een van die dom polisie manne verloor die sleutel van die sel

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.