Twee vas oor 6-jarige se skietdood

Argieffoto (StevePB, Pixabay)

Argieffoto (StevePB, Pixabay)

Twee mans is in hegtenis geneem in verband met die skietdood van ʼn sesjarige meisie Maandag voor ʼn huis in Athlone, Kaapstad.

Konst. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het gesê die twee verdagtes, onderskeidelik 22 en 26 jaar oud, is Dinsdagmiddag in hegtenis geneem.

Sadiqah Lippert is Maandag in 19de Laan in Hazendal geskiet. Sy het later in die hospitaal aan haar beserings beswyk. Rwexana het die moord as “sinneloos” bestempel.

Volgens mediaberigte het Sadiqah by haar ouma gekuier toe sy in die spervuur van ʼn skietgeveg tussen bendes beland het.

Die verdagtes sal Donderdag in die Athlone-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Cherokee ·

Dit is sinneloos om ‘n spesifieke moord as sinneloos te beskryf omdat alle moorde sinneloos is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.