Twee vas oor aanval in aftreeoord

Argieffoto: enca.com

Argieffoto: enca.com

Twee mans sal Dinsdag in die Bloemfontein-landdroshof verskyn in verband met ’n aanval op ʼn bejaarde vrou in die Westerbloem-aftreeoord in die stad.

Maroela Media het vroeër berig dat ʼn 86-jarige vrou bewusteloos op die vloer van haar huisie in die oord aangetref is nadat sy oorval en erg aangerand is. Sy is vermoedelik met ʼn stomp voorwerp geslaan. Die vrou het Vrydag in die hospitaal aan haar beserings beswyk.

Volgens die polisie het die verdagtes toegang tot die perseel verkry deur in ʼn stormwaterpyp na binne te kruip.

Konst. Wendy Nkabi, woordvoerder van die polisie, het gesê twee verdagtes is Donderdag in hegtenis geneem. “Een is deur die loop van die dag in ’n informele nedersetting in Bloemfontein vasgetrek en die tweede is kort ná middernag in Bochabela net buite die stad in hegtenis geneem,” het sy gesê.

Volgens Nkabi is die aanvanklike aanklag van poging tot moord na moord verander. Die verdagtes staan ook tereg op ʼn aanklag van roof.

Die oorledene se naam word weerhou op versoek van haar familie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Antoinette ·

Ai dis wreed om te verneem dat die ou tannie 86 jaar van haar lewe SO ten einde moes gaan!

m ·

Dis vir my altyd so interessant hoe lafhartig hierdie mense is. Vat dit nou regtig twee van hulle of ‘n 86 jarige weeerlose vrou aan te val. ek hoop hierdie gemors vrot op in die tronk.

Barnie ·

Hulle word seker as helde in n gevangenis ontvang. As hulle gelukkig is, kan hulle weer ” presteer” miskien iemand wit bo 90! Brawe gemors!

Lukas ·

Ek probeer myself indink hoe moes die arme vrou gevoel het terwyl sy deur 2 moordenaars verskeur en van haar lewe beroof is? Laat my koud en blind van woede!

marianne ·

DIT IS RASISME OP SY ERGSTE!!!!
Daar word NOOIT berig dat ‘n ander kleurige of ras oue van dae – deur 2 of meer wit mans of vroue in ‘n nedersetting vermoor word nie. WAAROM word ONS ou mense geteiken en geteister???? Hierdie liewe ou mensies het ‘n harde lewe gehad en verdien rus en vrede….
HERE HELP HAAR FAMILIE OM DEUR DIE SMART TE KOM.

LanaVisser ·

Sy het nie die volgende dag aan haar beserings beswyk nie. Sy is vrydag oggend oorlede!!!!!! Was meer as ‘n week in bloem icu!

Sune van Heerden ·

Dagsê Lana

Ons vra om verskoning vir die fout. Die berig is gewysig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Mariana ·

My innige meegevoel aan die tannie se geliefdes. Ek huil saam met julle om te dink ‘n dierbare bejaarde moeder sterf so. Rus sag liewe tannie.

Clara F ·

Ek ry elke dag verby die aftree oord hier op ons dorp. Wat vir my baie opvallend is,, is dat elke huisie n tuin het maar geen omheining. Die tuin eindig in die straat. So in die ry sien jy hoe staan die deure oop. Dit lyk sommer onveilig.

Elma Kruger ·

Clara F smeer onnodiglik d oord swart. My moeder is ook daar. Die sekuriteit by d hekke en oord omheining is uiters goed. Elke huis het ook sekuriteitshekke voor en agter. Daarom kan houtdeure maar oopstaan…… Die moordenaars het deur stormwaterpyp ingesluip is berig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.