Twee vas oor bejaardes se moord in Namibië

Koës, Namibië

Twee persone is in hegtenis geneem in verband met die moord op Giel Botma en sy vrou Sarie op hul plaas in Koës, in die suide van Namibië.

Die bejaarde egpaar, onderskeidelik 79 en 78 jaar oud, is na bewering met hul eie vuurwapen geskiet.

Die gemeenskap het vinnig saamgewerk en was op soek na ʼn Hilux-voertuig wat aan Botma behoort het. “Die motor is vermoedelik in die middel van die nag gesteel en volgens die spore het die voertuig in ʼn suidelike rigting gery,” lui ʼn boodskap wat op sosiale media uitgestuur is. “Daar is vermoedelik twee persone in die bakkie en hulle is gewapen met ʼn geweer van oom Giel.”

Die egpaar is dood aangetref in hul huis.

ʼn Woordvoerder namens Namibian Marshall Rangers en Pacnam (Public Against Crime Namibia) het bevestig dat twee persone in hegtenis geneem is in verband met die voorval.

“Dankie aan almal wat ons ondersteun het en wat inligting gedeel het,” het hy gesê. “Ons innige simpatie met die familie en ons bid dat hulle in hierdie tyd vertroos sal word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

PJC ·

Dit lyk of hulle polisiediens darem beter funksioneer. ń Mens kan amper nie glo dat in daardie afgesonderde dorre wêreld ook misdaad voorkom nie.

pieterdp ·

Kyk hoe mooi werk almal saam in Namibië en die Namibiese Poliesie bedank selfs die pibliek se hulp.

Sal dit nie wonderlik wees as die SA staat en publiek ook so kan saam werk nie????????

Willie ·

Ek glo dis gemors wat van ons af soontoe oorgespoel het en nou daar opereer. Plaasaanvalle het nie baie lank terug in die Noord-Kaap begin nie en nou’t dit verder uitgebrei. Soos in die Wes-Kaap het hulle nou ‘n nuwe “weerlose” jagveld ontdek.

marieta ·

Oom Giel was ‘n Neef van my Oorlede Pa Dirk Botma…..hoe hartseer en wreed is dit nie dat ‘n Mens só aan jou einde Moet kom nie.Sterkte aan onderskeie families♡

Daan ·

Een plaas aanval en moet nie verbaas wees as dit Suid Afrikaners was nie en onthou Nampol in vergelyking met die Saps is soos saps = karwag by die mall.Nampol= FBI nie eers in dieselfde klas nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.