Twee vas oor brandstigting by UKZN

Betogings by die Universiteit van KwaZulu-Natal (10 Oktober 2016) Foto: @WitnessKZN, Twitter

Betogings by die Universiteit van KwaZulu-Natal (10 Oktober 2016) Foto: @WitnessKZN, Twitter

Twee mense is in hegtenis geneem in verband met brandstigting op die Universiteit van KwaZulu-Natal (UKZN) se Pietermaritzburg-kampus.

Brig. Sally de Beer, nasionale woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagtes is Woensdag in die vroeë oggendure vasgetrek.

Intussen het Lesiba Seshoka, die universiteit se woordvoerder, gesê een van die verdagtes is ʼn huidige student en een ʼn voormalige student aan die universiteit. Hulle is op die kampus in hegtenis geneem.

“Die Malherbe A-bloktelevisiekamer en die Deneys Schriener-lesingsaal is Woensdag in die vroeë oggendure aan die brand gesteek. Daar is toegang tot die lesingsaal verkry deur ʼn ingang agter die gebou,” het Seshoka gesê. “Ons hoop dat die inhegtenisneming ʼn deurbraak sal wees in die ondersoek na verskeie voorvalle van brandstigting wat die Pietermaritzburg-kampus in die afgelope paar weke teister.”

ʼn Koshuis wat Maandag, 26 September 2016 op die UKZN se Pietermaritzburg-kampus aan die brand gesteek is. Foto: Facebook

ʼn Koshuis wat Maandag, 26 September 2016 op die UKZN se Pietermaritzburg-kampus aan die brand gesteek is. Foto: Facebook

Hy het gesê die universiteit is bekommerd oor die “kriminele element” wat die kampus geïnfiltreer het “onder die voorwendsel van protesaksie”. Volgens Seshoka is die polisie besig met ʼn intensiewe ondersoek na die saak en sal nog mense hopelik binnekort in hegtenis geneem word.

Die UKZN-kampusse het Woensdag voortgegaan met sy normale bedrywighede. Behalwe vir die brandstigtingsvoorval was daar ook betogings op die universiteit se Howard Kollege-kampus in Durban. “ʼn Brandblusser is gebruik om lesings in die gebou vir chemiese ingenieurswese te ontwrig. Die EGM-biblioteek is gesluit. ʼn Motor is in die parkeerarea voor die Shepstone-gebou omgekeer en sommige lesings en toetse is ontwrig,” het Seshoka gesê.

Soos vele ander universiteite regoor die land loop die UKZN die afgelope paar weke deur onder gewelddadige studentebetogings onder die vaandel van die #FeesMustFall-beweging.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

stephanus jesaja Heunis ·

Die voormalige een het net gedruip en nou help hy die ander dommies! Maak van hulle voorbeelde en sit sommer die skade van die afgebrande geboue by daai huidige so-called student se fooi skuld!

Bonita ·

Kinders verbrand alles maar dis hul toekoms wat hul brand kan die kinders asb net bietjie verder dink, hul verbrand alles hoe gaan hul leer more is die universiteite gelde meer want daar is geen boeke of geboue nie, en dan moet alles weer herstel word, ongelukkig kan alles nie verniet op n skinkbord gegee word nie daar is onderwysers wat betaal moet word, hoe leef hul onderig is nie verniet nie, daar is kostes aan verbonde, se my as alles verniet was, in watste verknorsing sou ons land nie al gewees het nie.

Jean ·

Wat my pla van hierdie hulle is VAS en hulle is GEARRESTEER, die hele spulletjie is gister weer vrygelaat, sonder om n sent te betaal, en daarna se hulle ewe manhaftig weer die ‘STRUGGLE’ is nog nie verby nie, hulle gaan aangaan. Nou wat het die arrestasie hulle geleer?

CAV ·

So hulle wil gratis onderig hê. Maar WAAR gaan hulle studeer as hulle al die geboue afbreek en afbrand. Dan as die parliament dit nou goedkeur, sal daar wèèr betogings wees, want hulle het nie klaskamers om in klas te kry nie

Anoniem ·

Nee Bonita, die betogers kan nie verder dink as wat hulle neuse lank is nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.