Twee vas oor dagga

daggaTwee mans is in Noordwes in hegtenis geneem vir die besit van dagga.

Kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, sê die eerste verdagte, ‘n 31-jarige man, is in hegtenis geneem nadat dagga by sy huis in Moruleng gevind is.

Hy sê die polisie het ook 14 sakke dagga met ‘n straatwaarde van R11 200 in ‘n veld naby sy huis gevind.

Die polisie het na die inhegtenisname inligting opgevolg en op ‘n huis in Northam toegesak waar hulle ‘n 22-jarige man in hegtenis geneem het. Daar is ook dagga in ‘n veld naby dié man se huis gevind.

Die verdagtes sal na verwagting Maandag in die Mogwase-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

anita ·

Dagga, dit is nou die beste oes vir gou ryk word. Een uit die 100 smokkelaars word vas getrek maar die verkope gaan in die minder gegoede buurte voort elke dag die Kaapse vlakte is die grootste aanwins vir die smokkelaars, ook van Tik. Pagad het destyds goeie resultate gehad met die skoonmaak van die dwelmsmouse, maar skielik word daar teen hulle aksie geneem deur die Regering.

Ouers op die Kaapse vlakte begrawe daagliks kinders die sterf in dwelm geweld, wanneer gaan ons saam staan en vra dat Pagad wettig kan skoon maak want die POLISIE is nie in staat daar toe nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.