Twee vas oor diefstal by Benoni-marathon

Argieffoto

Argieffoto

Twee mense is in hegtenis geneem nadat hulle Sondag voorraad by ʼn marathon in Benoni, Gauteng, gesteel het.

“Die twee persone het vier T-hemde en twee wedrennommers gesteel,” het ao Ramothakhi Maqabe, woordvoerder van die polisie, gesê. Die wedren het by Old Bens-stadion in Benoni plaasgevind.

Dit is nie duidelik waarom die persone die wedrennommers wou steel nie.

Hulle sal binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Sollie ·

1. Hulle steel dit omdat hulle KAN. Dis hoe sommige mos is.
2. Hulle steel dit dan betaal hul nie om deel te neem en kry dan ook die gratis t-hemde asook van die gratis “hand-outs” wat deelnemers baie keer kry, dalk nog ‘n groot prys in die gelukkige trekkings!

WErner ·

Ja Nee Sollie – ek dink weer hulle steel net om die regte stemming te skep – soos by alle geleenthede!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.