Twee vas oor ernstige misdade in die Paarl

isdaad-polisie-crime-scene-kent-williamson-3

Argieffoto: Kent Williamson

Twee mans, onderskeidelik 24 en 32 jaar oud, is Vrydagoggend vroeg in Durbanville in Kaapstad in hegtenis geneem in verband met verskeie misdade in die Paarl-omgewing, onder andere ʼn rooftog op ʼn plaas.

Lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, het in ʼn verklaring gesê beamptes was besig met patrolliewerk in Lichtenburgweg toe hulle ʼn verdagte wit Ford-bakkie opgemerk het. “Die bestuurder van die bakkie het geweier om stil te hou en ʼn hoëspoedjaagtog het gevolg. Die voertuig is uiteindelik naby die R44 voorgekeer en twee verdagtes is in hegtenis geneem.”

Twee van die insittendes het egter te voet gevlug.

“Verdere ondersoek het aan die lig gebring dat dieselfde voertuig op drie verskillende misdaadtonele in die Paarl opgemerk is,” het Traut bygevoeg. “Die twee verdagtes word beskuldig van diefstal uit ʼn motor, roof en huisroof op ʼn plaas. Die voorvalle het alles in Mei 2019 plaasgevind.”

Volgens Traut is daar ook pangas en klapmusse in die bakkie gevind. “Die verdagtes bly in aanhouding. Hulle sal na verwagting Maandag in die hof verskyn.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Gert ·

Mooi so SAPD
hoop dis die gemors wat ook betrokke was by ander plaasaanvalle by Stellenbosch
Nou moet hul net die ander 2 maters ook aantree.

Jurie Vermeulen ·

Welgedaan, kan net dankbaar wees hulle is gestop voor verdere misdade gepleeg is. Hoop die wat kon wegkom word gou gearresteer en staat kan almal inhegtenis hou. Geen borg.

koos ·

Hierdie klink vir my of die polisie perlemoen gesoek het vir obvios redes natuurlik en toe per toeval die klomp gevang het ,ek wonder nog steeds waneer die polisie vir floyd shiwambo gaan arresteer vir die aanranding op die joernalis met die opening van die parlement in 2018?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.