Twee vas oor gekaapte voertuig vol perlemoen

Foto; SAPD

Foto; SAPD

Twee verdagtes is in hegtenis geneem nadat hulle in ʼn gekaapte voertuig vol perlemoen betrap is.

Lt.kol. Andrè Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê beamptes van die Stanford-polisie in die Wes-Kaap het Donderdagaand die omgewing gepatrolleer toe hulle ʼn verdagte voertuig opgemerk het.

“Hulle het die voertuig voorgekeer en deursoek. Die beamptes het op 43 sakke perlemoen, ʼn 9 mm-pistool en ammunisie afgekom. Die pistool se reeksnommer was afgevyl.” Volgens Traut is daar 6 507 eenhede perlemoen gevind.

Die bestuurder en passasier is in hegtenis geneem. Volgens Traut is daar vasgestel dat die voertuig verlede maand in Muizenberg gekaap is.

Die verdagtes sal Maandag in die Hermanus-landdroshof verskyn.

Foto: SAPD

Foto: SAPD

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

humor ·

Die vraag is hoe gaan hierdie mense in die see langs die kus so ongesiens met hul plundering voort? Lyk my daar is n departement wat nie hul werk doen nie of betaal word om blind te wees. Dit raak nou algemeen.

Han ·

Humor, ek vra myself al lankal dieselfde vraag af. Daar is ‘n slang in die gras!

Strandloper ·

Dit is nie ongesiens nie, hulle stroop in groepe van so 30 stropers helder oordag. Mens kan nie eers meer op die strand gaan stap nie.

dup ·

Renosters,perlemoen,steenkool,broodbome,goud(zama-zama)…ek is “honger”ek het ‘n reg en mag steel en verder gaan niks gebeur nie , ek moet net nie die regte persone nie betaal nie,die ander “amptenare” is te slapgat om iets op hul eie te doen…….

Jacques ·

Maak gerus ‘n draai by die Oos Londen Strande, Kidds Beach spesifiek, dan sal jy duisende perlemoen skulpe sien in die bosse daarnaby. Dit word glad nie goed beheer nie.

Bertus ·

Ons moet dit sien soos renoster stroping. As dit nie ophou nie sal daar niks oorbly vir ons nageslag nie….dis pateties, ons land sink stadig….

lola ·

die aan keer van stripers met groot hoeveelhede gedroogde perlemoen laat my wonder of hier nie recycling aan die gang is nie.

snoefie ·

sal my ook geensins verbaas nie. soveel perlemoenstropers is die afgelope asngekeer. hoeveel is alverhiir en gestraf?

zahn ·

Ek sê al vir baie jare, gee die visserman die reg terug om op die strande te ry met sy 4 X 4 voertuig. Die SAPD en die Natuurbewarings mense is hopeloos te min, met te min voertuie wat in ‘n werkende toestand is. Ons kan hulle help en bystaan, stropers vinniger opspoor en rapporteer. Ek glo ons as verantwoordelike vissermanne is heeltemal bevoeg en bereid om dit te doen. Dis my opinie. Ek wil nie net sit en kritiek lewer nie, ek maak ‘n voorstel. Maar, gemeet aan die reaksie tot dusver, sal ek dit seker nog vir baie jare moet sê..

John ·

Wat is ‘n eenheid perlemoen? Hoekom lag die kelner vir my as ek ‘n eenheid perlemoen bestel? Zahn, hoekom wil mense wat 4×4’s ry nog visvang ook, of betaal hulle die voertuie af met hul groot vangste? En het jy al gesien hoe lyk strande na’ die voertuie hot en haar oor duine en plante gery het… die dooie krappe en skilpaadjies en olie en gemors en stappers wat moet koes vir ‘n bierblik teen die kop vanaf jou voorgestelde jollie-patrollie?

humor ·

hier moet beslis n oplossing kom. Wie, hoe en waar. Hier aan die Namibiese strande gaan dit Desembermaand ook maar rof met voertuie op die strande en selfs in ons pragtige woestyn ver van die see af. Vierwielmotorfietse wat van die hele aarde af aangery word raas en dreun jou heel uit jou vakansie uit.

Albert Marais ·

Daar is geen beheer oor ons skamele hulpbronne meer nie. Sjinese trawers vang al wat ‘n vis is uit ons gebiedswaters Word hul gevang , “ontsnap” hulle oornag uit die hawens??? Jy is gelukkig as jy nog vis op die ooskus kan vang

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.