Twee vas oor gesteelde hare

Die bokse volg gesteelde haarstukke Foto: SAPD

Die bokse volg gesteelde haarstukke Foto: SAPD

Twee mans is Saterdagoggend vroeg in Johannesburg se middestad in hegtenis geneem in verband met ʼn groot aantal haarstukke wat vermoedelik gesteel is.

“Polisiebeamptes was op roetinepatrollie toe hulle ʼn verdagte wit Nissan Diesel-vragmotor in die middestad opgemerk het wat vinnig gery het,” het ao Xoli Mbele, woordvoerder van die polisie, Sondag in ʼn verklaring gesê.

Die beamptes het omstreeks 01:00 die vragmotor op die hoek van Albertina Sisulu- en Parkstraat in Fordsburg afgetrek. Die bestuurder was alleen in die kajuit. “Hulle het die vragmotor oopgemaak en een man het agterin agter bokse weggekruip. Die twee kon nie ʼn verduideliking verskaf waarheen hulle met die bokse op pad is nie,” het Mbele bygevoeg.

Terwyl die beamptes nog op die toneel was, het hulle inligting ontvang van ʼn vragmotor wat tydens ʼn rooftog by die China Multi Complex op die hoek van Main Reef- en Hanoverweg gebruik is. Ses verdagtes het glo die sentrum betree. Hulle het dieselfde uniforms aangehad as dié wat deur die sentrum se veiligheidswagte gebruik word. Die mans het drie veiligheidswagte met ʼn vuurwapen gedreig en hulle geboei.

“Hulle het die bokse vol haarstukke in die vragmotor gelaai,” het Mbele verduidelik. “Altesaam 126 bokse met haarstukke is gevind.”

Vier van die verdagtes is nog op vrye voet. Die ondersoek duur voort.

Die twee mans wat in hegtenis geneem is, onderskeidelik 32 en 33 jaar oud, sal binnekort in die Johannesburgse landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Johann Marx ·

Hoekom word dit “haarstukke” genoem, as dit van nylon gemaak is?

Regte hare ·

Haarstukke is van REGTE HARE! Dit is ñ hele paar duisend rand per stuk!
The real Mccoy!

Regte hare ·

Haarstukke is van REGTE HARE! Dit is ñ hele paar duisend rand per stuk!
The real Mccoy!

Dave ·

Nou hoe verdomp wil julle hê dit beskryf moet word? Kla julle ooit wanneer popgroepe se geskreeu as sang beskryf word? Of as ‘n stalletjie langs die pad as ‘n winkel beskryf word? Daar is vele meer voorbeelde van hoe dinge maklik beskryf word. Gaan soek nou iets anders om oor te kla.

Tonginniekies ·

Hulle noem dit “haar”stukke omdat dames dit gaan gebruik. As mans dit sou gebruik het sou hulle dit “sy”stukke genoem het. ;-)
Glimlag ‘n bietjie, dis gratis en lekker.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.