Twee vas oor gesteelde vragmotorbande

Argieffoto (Foto: kurtbecker1/Pixabay)

Twee persone, onderskeidelik 26 en 36 jaar oud, sal na verwagting binnekort in die Brits-landdroshof in Noordwes verskyn op aanklag van sakeroof.

Die twee is aangekeer in verband met hul vermeende betrokkenheid by ʼn rooftog op 23 Februarie by ʼn granietaanleg in Brits. “Dit volg ná ʼn wenk ontvang is en ʼn ondersoek gelei het tot die eienaar van ʼn wit minibus wat glo gebruik is om 24 vragmotorbande, ter waarde van R140 000, te steel,” het Maria Nkabinde, woordvoerder van die polisie, gesê.

Verdere ondersoek het onthul die minibus is glo deur een van die verdagtes gehuur en hy is Donderdag omstreeks 19:00 by Sunnyway in Hartbeespoortdam in hegtenis geneem. Die tweede verdagte, glo ʼn veiligheidswag by die onderneming, is omstreeks 22:00 in hegtenis geneem waar hy in die straat gestap het.

Nkabinde sê as deel van die ondersoek het die span ook na ʼn huis in Soshanguve, Gauteng gegaan, waar hulle Vrydag beslag gelê het op al die gesteelde bande.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.