Twee vas oor ‘gevorderde’ dwelmlaboratorium

Philip Laurence Gallie en Sarah Jane Thomas. Foto: Verskaf

ʼn Man en vrou van Mpumalanga is op borgtog vrygelaat nadat lede van die Valke vroeër vandeesweek op ʼn plaas in die provinsie toegeslaan het waar die paar glo ʼn daggalaboratorium bedryf het.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het gesê beamptes het ʼn soeklasbrief bekom om die plaas in die Volksrust-gebied te deursoek. Beamptes van die Valke, die misdaadintelligensie-eenheid en die honde-eenheid het Dinsdagoggend op die plaas aangekom, waar hulle beslag gelê het op 20 kg saamgeperste dagga en 112 daggaplante. Daar is ook beslag gelê op ʼn handwapen en 90 patrone wat op die perseel gevind is.

Philip Laurence Gallie (58) en Sarah Jane Thomas (42) is op die plaas in hegtenis geneem.

“Wat hierdie laboratorium uniek maak, is die struktuur waarin dit opgerig is, die gevorderde aard van die toerusting wat gebruik is en duidelik die volume van wat geoes word,” het genl.maj. Zodwa Mokoena, hoof van die Valke in Mpumalanga, gesê. “Ons sal nie ophou totdat almal wat voortgaan om luukse lewens te leef ten koste van ons mense agter tralies is nie.”

Gallie en Thomas het reeds in die Volksrust-landdroshof verskyn waar hulle op borgtog van R10 000 elk met streng borgtogvoorwaardes vrygelaat is. Hulle moet weer op 23 November in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Yankee ·

Daar is euwel, links en reg, wit of swart, pienk of blou, ai tog.

Witblitz ·

Nou word dagga in ‘n “laboratorium” gegroei? Plaas die polisie spandeer hulle tyd en geld daaraan om regte kriminele te vang.

Reinhardt ·

Ja nee ekt ook gelag vir dit. Dagga is n plant, dit word gekweek soos enige ander plant. Nie gemaak in n laboratorium nie. En wat is die verskil tussen dagga en alkohol nou eintlik?

Oujongvrou ·

In kzn groei die goed openlik agter elke huis in landerye. Streepsakke vol word rondkarwei en verkoop. En die regering het dit mos gewettig, wat is die probleem?? Kan raai wie hulle gaan verklik het. Seker ander se bedryf bietjie in die wiele gery.

RJS ·

Klink vir my asof die mense dagga olie maak. Dit word gebruik vir medisinale doeleindes. Daar is baie mense wat aan kanker en ander ergstige siektes lei wat dit gebruik. Dit maak dit steeds nie wettig nie, se net dit word gebruik om mense te help…

WIEBO ·

Hoekom die goed kweek? Kan mos buite op die plaas geplant word. Ek dog nog altyd dagga groei wild in die veld…………

Stokkies ·

Son skyn net 12 ure n dag buite.. binne, onder regte beligting, water toevoer ens, kan dit 24 uur groei..

Samoosa ·

Dis baie sterker as jy dit in ‘n kweekhuis groei. Plante buite het nie so baie THC/CBD Nie. Dus, baie beter kwaliteit in hydroponic kweekhuise of watookal. As dit ‘n “laboratorium” is maak hulle seker die olie vir kanker, Parkinsons, MS ens. Kort dan spesiale, hoe kwaliteit plante. Die verskil is soos panado teenoor hospitaal morfien.

bren ·

Hoe gouer dit gewettig word hoe beter!! die olie help vir kanker, arthritis etc! Mense weet dit werk; beste medisinale gebruik teen pyn! Hierdie is n wonderlike labaratorium; die mense weet wat hul doen! Oningeligtes weet NIKS van die olie nie; en jy kan nie verslaaf raak aan dagga nie; dis n wondermiddel teen konstante pyn! Pleks hul meer plekke soos die wettig om mense te help; maar nee die regering en maatskappye tap mense vir geld vir medisynes en pille! Oor die jare was dagga medisyne!

Sak ·

Mediese dagga was al 2900 terug deur die mensdom gebruik as vir mediese doeleindes. Wie het besluit dit moes verban word?? Teen die draai van die eeu was Dagga ekstrak nog vrylik beskikbaar in verskeie medikamente. Toe verdwyn dit , en die groot Pharma maatskappye begin floreer.

lee ·

Sê asb tog waar kan ek ordentelike -olie koop asb.
Ek ly aan erge arthiritis sedert my vroeë 20’s en is nou maar net 51jr en voel soos ‘n agentaggentige jare ou vrou.
Ek het al so baie medikasies probeer en van een dr na ‘n ander. Maak my skoon depressief.

Waarheid ·

Regte Kansvatters
vervaardiging vir mediese doel MOET GEREGISTREER en BAIE gereguleerd wees ens.
misbruik van dagga + + ander= od en dan?NEE!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.