Twee vas oor gewapende roof met speelgoedpistool

Argieffoto

Twee persone, onderskeidelik 23 en 28 jaar oud, is Dinsdag in hegtenis geneem op aanklag van gewapende roof. Een van die persone was met ʼn speelgoedpistool gewapen.

Kapt. Xoli Mbele, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn 37-jarige man is op die hoek van Nugget- en Presidentstraat in Johannesburg se middestad oorval. “Hy het van Witbank in Mpumalanga gekom om selfoontoerusting te koop. Hy was met die voorraad op pad om ʼn taxi te kry om huis toe te keer, toe twee persone hom voorgekeer het. Een van die persone het ʼn vuurwapen (speelgoedpistool) op hom gerig en sy medepligtige het hom gewurg. Die man se beursie, met die kontant daarin, en twee selfone is gebuit.”

Die man het hulle agternagesit waarna die verdagte, wat die speelgoedpistool by hom gehad het, hom daarmee aangerand het en in Pink House, op die hoek van Albertina Sisulu- en Nuggetstraat in gehardloop. “Die polisie het tot die man se redding gekom en die twee verdagtes in die gebou in hegtenis geneem. Die beamptes het beslag gelê op die selfone en speelgoedpistool. Die man se beursie is nie gevind nie.”

Die beamptes het van hul eie geld vir die slagoffer gegee sodat hy kan terugkeer huis toe.

“Die polisie se ondersoek duur voort. Die verdagtes sal binnekort in die Johannesburgse landdroshof verskyn,” het Mbele gesê.

Genl.maj. Masha, Johannesburgse distriksbevelvoerder, het die beamptes geloof vir hul vinnig reaksie en dat hulle die ekstra myl gestap het om die slagoffer by te staan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Maljan ·

Pleks van hulle op misdaad toespits, word daar eerder geaarto en met haatspraak geploeg. Belaglik!

aj ·

Alles “rookskerm” om die GELDSPOOR te verdoesel!

Waar’s die GELD?

Kobus ·

Ek verstaan nie hierdie negatiewe kommentaar nie. Haarspraak = waar kom dit voor in die berig.
Die Beamptes het die slagoffer se reiskoste betaal terug huiz toe. Sou enige van julle wat so negatiewe kommentaar lewer dit gedoen het? Ek twyfel

piper ·

speelgoed wapens moet verbied word. ek was vir jare in my eie besigheid en het baie speelgoed verkoop maar geweier om speelgoed wapens aan te hou. dit was al van 1973 tot 2010. my kliente het my standpunt waardeer en my goed ondersteun.

Michelle ·

Baie dankie vir die lede se barmhartigheid dat hul gesien het dat die man kan tuis kom. Die hof moet die rowers net so swaar straf soos wat hul een sal straf met ‘n regte vuurwapen daar moet nie n verskil wees nie. Hul doel was gewapende roof.

Jiem ·

Ek wonder sommer net. Hoe kan n persoon met n speelgoedpistool “gewapen” wees.
Is dit korrek om dit so te stel, dis mos nie n wapen nie.

Poot ·

@Jiem
Ek kan myself “bewapen” met ñ besemstok ook. Enige instrument wat ek kan gebruik om te roof of aan te rand word geag ñ wapen te wees.

Cindy ·

Jiem, dit mag dalk nie ‘n regte wapen wees nie, maar sou jy dit geweet het as jy in ‘n vuurwapen moes vaskyk as jy geroof word?

Dries ·

Hy het die slagoffer volgens die berig daarmee aangerand – dus het hy die ding wel as ‘n wapen aangewend.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.