Twee vas oor ivoor in Kaapstad

Foto verskaf deur die SAPD

Twee mans, onderskeidelik 39 en 45 jaar oud, is in Bothasig in Kaapstad in hegtenis geneem in verband met die besit van olifanttande.

Sers. George Mjiwu, woordvoerder van die polisie in die Wes-Kaap, het gesê lede van die blitspatrollie was besig met patrollie toe hulle ʼn verdagte motor opgemerk het.

“Hulle het die motor deursoek en op vier olifanttande afgekom. Die twee mans het nie enige dokumentasie gehad vir die besit van die ivoor nie,” het Mjiwu bygevoeg.

Die mans sal na verwagting in die Goodwood-landdroshof verskyn op aanklag van die onwettige besit van ivoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Cherokee ·

Baie baie lankal probeer ek vasstel hoe lyk ‘n verdagte motor. My raaiskote het kombi’s ingesluit maar dit strek beslis wyer as dit. Sal steeds wil weet hoe ‘n verdagte motor lyk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.