Twee vas oor Jayde Panayiotou se moord

Jayde en haar man Christopher. Foto: Facebook

Jayde en haar man Christopher. Foto: Facebook

Die polisie het bekend gemaak dat twee verdagtes in hegtenis geneem is in verband met die ontvoering en moord op Jayde Panayiotou. Intussen word daar berig een van die verdagtes is glo ʼn familielid.

Brig. Marinda Mills, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn 31-jarige man is vroeër die week in hegtenis geneem en sal vandag in die Port Elizabeth-landdroshof verskyn. Die ander verdagte, ʼn 28-jarige man, is laat Woensdagaand in hegtenis geneem en sal Maandag in die Port Elizabeth-landdroshof verskyn.

Volgens Mills was roof nie die motief vir die moord nie. Geen verdere inligting is bekend gemaak nie. Die Son berig intussen een van die verdagtes is ʼn familielid en dat dit ʼn huurmoord was. Mills kon egter nie onmiddellik vir kommentaar bereik word om die bewerings te bevestig nie.

Panayiotou se liggaam is verlede week Woensdag in ʼn “afgeleë gebied” naby die Kwanobuhle-township buite Uitenhage gevind, nadat sy vermoedelik verlede Dinsdag buite die Stellen Glen-veiligheidskompleks in Kabega Park ontvoer is. Sy het gestaan en wag vir haar vriendin saam met wie sy werk toe sou ry, maar het verdwyn voordat haar vriendin opgedaag het.

Klik hier vir alle vorige berigte oor Jayde Panayiotou op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Lee ·

Ek het van die begin af gedink iets is snaaks. Haar man het nie baie hartseer gelyk nie!

Dave ·

Miskien is dit nodig om jou (en vele ander) daarop te wys dat man en vrou nie familie is van mekaar. Terloops, het jy dalk ‘n foto gesien van haar man wat geneem is na haar ontvoering? Jy is besig om ‘n klip in ‘n bos te gooi sonder om te korrel en as dit tref sal dit bloot toeval wees.

Pedrie ·

Dave
Lees die kommentare van die vorige berigte – die outjie is regtig onder verdenking a.g.v. sy optredes….

Pedrie ·

Lee, dit is mos wat ek nog die hele tyd vermoed. Selfs die eulogie was over the top – en ook die stilswye direk na die moord. Verder, waar het die skurk die toegangs-kode vir haar kaart gekry toe hy die geld getrek het?

Dave ·

Ek het wel ander kommentare gelees Pedrie en moet erken dat ek ook vrae oor hom gehad het maar het dit gewyt oor baie berigte in die media oor soortgelyke sake. En dit verander steeds nie wat ek gesê het…. as ‘n familielid gearresteer is, is dit iemand anders tensy die berigopsteller ook dink dat man en vrou familie van mekaar is.

Eliza-beth ·

Ag liewe hemel tog, nog ‘n Devani- tipe saak? Ai hoe gebeur sulke goed. So mooi vrou, mooi paartjie… Mag dit verkeerd wees.

Andre Marais ·

die Harold “Live” het so pas berig dat Jayde se Man Christopher gearresteer is . . . .

a ·

Ek sien niks in die Herald Live dat haar man gearresteer is nie

Andre Marais ·

lees die berig mooi – daar word ook genoem dat ‘n bedrag van R80,000 betaal is vir die moord en hy in ‘n lokval gelei is deur een van die verdagtes vir nog R5,000 wat gereel was deur die valke.

Pedrie ·

Andre daar word melding gemaak deur iemand wat kommentaar lewer….die Herald het dit egter nie berig nie..

Alweer ·

Aai, ongelukkig nes ek vermoed het. Die man het nooit gemáklik gelyk op fotos nie en ja, die vriendin het als probeer om haar op te spoor en man se stilswye was opvallend. Ek hoop nie hy het ook genoeg geld om hom “los te koop” uit hierdie saak nie, alhoewel daar genoeg was vir ‘n huurmoord. Mag hy die res van sy lewe agter tralies sit en nooit vir parool in aanmerking kom nie. Aai-aai!!

koos ·

Hoekom word dit nie genoem wie die famielielid is nie, dit gaan net weer gese word dat dit rasisties is om dit stil te hou, ek prys die polisie met hulle goeie werk maar hoe gouer hulle bekend maak wie die 3de persoon is hoe beter voordat dit weer hand uit ruk. Die mense kla alreeds omdat daar swart meisies ontvoer is en niks daaromtrent gedoen word nie alhoewel ons weet die polisie doen als in hulle vermoe om die vermiste meisies op te spoor

SNEL ·

Ek is stomgeslaan, HOEKOM??????? Waarom nie skei nie, hoekom haar laat vermoor of was daar n polis betrokke? Ja, hy het seker gesien niks gebeur met Dewani nie, nou het hy sy kans gebruik. Na n agtermekaar mannetjie vir my gelyk en hulle het na so pragtige paartjie gelyk, nou sien ek wat die oog sien, is nie wat in die hart aangaan nie. Goeiste, dis nou n jakkals in skaapsklere vir jou die. Sterkte aan haar ouers!!!

Andre Marais ·

jy is reg SNEL . . . . daar was ook ‘n polis van R10 Miljoen rand op Haar Lewe en Hy het blykbaar ‘n verhouding me t’n ander vrou gehad.

Annerie ·

Sjoe hier word wild en wakker bewerings gemaak. Waar kry julle jul inligting? Facebook? Sekerlik want net soos met die Oscar saak was al wat ‘n persoon op facebook is, ‘n advokaat, regter en speurder.

Karina ·

Hoofnuus SA-nuus

Jayde Panayiotou se man glo vas

Nico Strydom | 30 April 2015 | Een kommentaar

Die polisie wou nie kommentaar lewer op berigte dat Jayde Panayiotou se man die tweede verdagte is wat in hegtenis geneem is in verband met haar ontvoering en moord nie.

karina ·

Dit is haar man – gaan lees die nuwe begin op maroela se blad.

pop ·

Vrouens moet lewensversekering uitneem vir hulle oudag. Maar moenie die geld aan jou man laat uitbetaal ingeval van jou afsterwe nie. Los dit eerder vir dierebeskerming. Daar sien ons nou, die man lyk glad nie soos iemand wat sy vrou sou skade aandoen nie.

KarooKlong ·

Mans moet hiervan kennis neem en dieselfde aksie neem en toepas.

Dave ·

Pop, mense behoort meer van versekering af te weet as dit wat jy nou hier kwytraak. Jy sê dat ‘vrouens lewensversekering moet uitneem vir hul oudag’. Om wat mee te maak op hul oudag? Lewensversekering betaal slegs uit na dood en is niks werd op oudag behalwe vir ‘n minimale afkoopbedrag. Mense moet spaar vir hul oudag. En nie met lewensversekering maar met uitkeerversekering. En as die vrou nie ‘n broodwinner is nie hoef sy nie lewensversekering by te voeg nie want dit kos geld. Vrouens moet uitkeerversekering uitneem vir ou dag, Pop. Mans ook (maar die mans s’n moet lewensdekking ook hê om as sekuriteit vir sy vrou. Hierdie is nie onnodige inligting wat ek met jou deel na aanleiding van jou onkundige aanmerking.

ladybug ·

Ek’t dit snaaks gevind dat daar nie ‘n beskrywing van haar klere gegee kon word nie, hoe kon haar man nie weet wat sy aangehad het nie? En die focus was heeltyd op haar familie, veral haar suster, geen word van haar man nie … ek mag verkeerd wees, maar hy sit vermoedelik agter die ontvoering en moord.

Leandra ·

My hart gaan uit na haar ouers, vriende and familie. Dis net jammer dat sulke lelike goed deesdae so algemeen is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.