Twee vas oor kaping in Kaapstad

Twee verdagtes is op 15 Januarie 2016 in Claremont in Kaapstad in hegtenis geneem in verband met 'n kaping Foto: SAPD

Twee verdagtes is op 15 Januarie 2016 in Claremont in Kaapstad in hegtenis geneem in verband met ‘n kaping Foto: SAPD

Twee verdagtes is Vrydagoggend in Claremont in Kaapstad in hegtenis geneem nadat hulle glo ʼn Volkswagen Polo gekaap het.

“Die twee verdagtes, ʼn 29-jarige man en ʼn 19-jarige vrou is in hegtenis geneem toe beamptes van die honde-eenheid die gesteelde voertuig agternagesit het,” het konst. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, gesê.

Die verdagtes sal na verwagting Maandag in die Wynberg-landdroshof verskyn op aanklag van kaping, die rig van ʼn vuurwapen en die besit van gesteelde goedere. Rwexana het gesê daar is nog klagtes wat moontlik gebring kan word.

“Die polisie sal misdaad bly bestry en ʼn zerotoleransie-benadering volg,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

DPJ ·

Knap gedaan. Meer sulke suksesse en kriminele sal baie versigtiger wees.

snip ·

Dis die mooiste foto as misdadigers so op die grond le,hande vasgebind!Knap gedaan aan beamptes van die honde-eenheid!

Michael ·

Dit is goed om te sien dit gaan so voorspoedig net met die Weskaap ek wonder net hoekom???

Dee ·

Waarom praat ons van toleransie as daar so lekker Afrikaanse word soos ‘verdraagsaamheid’ is? Dit is lekker wanneer Afrikaans eie en uniek is. Dit is geen anglisistiese taal nie en het ‘n eie woordeskat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.