Twee vas oor karkasse in motor

Foto: SAPD

Foto: SAPD

skaapkarkasse-schweizer-reneke-featuredTwee mans is in hegtenis geneem nadat daar etlike skaapkarkasse gevind is in die motor waarmee hulle gery het in Schweizer-Reneke in Noordwes.

Kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het gesê die motor is tydens ʼn padblokkade op die pad tussen Schweizer-Reneke en Amalia afgetrek. “Altesaam 14 skaapkarkasse is in die kattebak en op die agterste sitplek gevind.”

Volgens Mokgwabone is daar vasgestel dat die skape op ʼn plaas in die area gesteel is. “Die verdagtes, albei 30 jaar oud, sal Maandag in die Schweizer-Reneke-landdroshof verskyn.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Johann Marx ·

Deksels, is DIT wat van my Schweizer vleis geword het? Ekt’ gewonder waar draai hulle so lank. As die boere R18/kg op die hoef kry, en die Supermark sny die karkas op, sit dit op ‘n polistireen bakkie en draai dit toe met selofaan….en stoot die prys op na R129/kg toe….dan gaan hierdie situasie al hoe meer en meer gebeur. Vleis het nou smokkelwaarde…

Berhalet Beukes ·

Na dese hou hulle seker spitbraai by die polisiestasie? ;-)

Thea Lourens ·

Hahaha Berhalet dit is BESLIS die geval … wat gaan hulle andersins met die skape maak????

Duitswes ·

Welgedaan SAPD!!
Vrinne, kom ons hou asem op en sien of ons regstelsel die boer wie se eiendom (skape) dit was en die SAPD betrokke gaan ondersteun en verseker dat geregtigheid gaan geskied of net soos in die stede die misdadiger gaan bevoordeel….Maroela hou ons asb ingelig want dit is ‘n goeie katalisator om vas te stel hoe goed of vrot ons regstelsel nasionaal is.

Veritas ·

Skerp gesê Will I Am. Die gearresteerdes het seker gesien dat die skapies weens die droogte gaan vrek en het toe besluit om hulle uit hul lyding te verlos. Ek is seker hul plan was om die vleis aan een of ander liefdadigheids-instansie, te skenk.

Leeukop ·

Higiene in daardie kar is seker nie baie goed nie, ek sou verseker nie daardie vleis koop nie.

Vat hom fluffy ·

Aai hulle het nie geweet steel is verkeerd nie so nou kan hul vrykom.

cobusp ·

Die manne was seker honger…….hoe dan nou…….die boer het baie skaap ons het niks nou share ons n paar ………ubuntu……..

Sputnik ·

……en let op hoe netjies is die registrasienommer met modder verdoesel. Wonder wie se werk dit was, polisie, fotograaf of skaap”vervoerders”?

TDW ·

Nie meer lank nie, dan gaan ons nie meer skaap te koop kry nie. Om met skape te boer is ‘n moeilike ding, hulle vrek baie maklik en het baie aandag nodig. Nou kom al die swape en steel die wat jy het. Elke swaap dink hy steel net een vir sy partytjie, en op die ou end is miljoene swape besig om al die skape te steel. Dan kry jy nog hierdie swape wat meer as een steel om weer aan ander swape te verkoop. Geniet nou jou tjoppie, want boere is moeg om met skaap te boer.

jaco ·

hulle het dit by wit boere gesteel, maar die wit boere het weer volgens die ANC en die EFF die grond gesteel. hulle het dus eintlik reg gedoen deur van die wit boere te steel en hulle so te straf. ek weet nie waarom hulle vervolg word nie.

Jan maak n Plan ·

Hierdie is ‘n weeklikse storie. Nie een week gaan verby dat daar nie daar in die Schweizer distrik vee gesteel word nie. Die boere is al heeltemal moedeloos.

Elize ·

Ja nee skape bly die ‘take aways’ omdat hul so maklik vervoerbaar is. Dit word by hul Tuck shops ten duurste verkoop.

Donovan ·

Hoe kan hulle die mense aan kla as daar nog nie n boer is wat vee diefstal kom aan meld het nie… Daar moet mos n klaer wees in n saak…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.