Twee mans sal na verwagting Dinsdag in die Brits-landdroshof in Noordwes verskyn nadat die liggaam van ʼn man agterop die bakkie gekry is waarin hulle gery het.
Volgens lt.kol. Amanda Funani, polisiewoordvoerder, is die twee verdagtes, onderskeidelik 45 en 47 jaar oud, Sondag in die vroeë oggendure langs die R511-pad buite Brits in hegtenis geneem.
“Polisiebeamptes was omstreeks 02:00 besig met roetinepatrollies toe hulle ʼn verdagte Nissan NP 200-bakkie gewaar het.”
Beamptes het die bakkie van die pad af getrek en deursoek. Daar is op die liggaam van ʼn 45-jarige man onder plastieksakke op die laaibak van die bakkie afgekom. “Die twee verdagtes het probeer weghardloop, maar is in hegtenis geneem.”
Volgens Funani het die oorledene glo water op ʼn plaas gaan haal toe hy aangerand is. Geen verdere inligting is in dié stadium bekend gemaak nie en die ondersoek na die voorval duur voort.
“Water op ‘n plaas gaan haal” – klink meer of iemand rondgesluip het waar hulle nie moes nie.
Ek hoor jou maar…. dit was seeker nie ‘n rede om hom dood te maak nie.
Ek moes al my water krippe in die veld toemaak. Die munisipaliteit voorsien nie water nie en nou word nie net elke boom weggedra nie, maar ook kanne water.
“was omstreeks 02:00 besig met roetinepatrollies toe hulle ʼn verdagte …….bakkie gewaar het.” Ek wil weet hoe lyk n verdagte voertuig om 02H00 in die vroeg oggend? As ek met my voertuig om 02H00 van erens af oppad huis toe ry gaan my voertuig ook verdag lyk? Vra vir myself net sodat ek weet om nie daai tyd van die oggend te ry nie – alhoewel dit moeilik gaan wees want ons werk skofte op die myn… wonder maar net by myself nou.
Al lyk jy verdag is dit seeker nie ‘n probleem nie…. tensy jy iets in jou voertuig het wat nie daar moet wees nie soos…’ n staaf goud…. of ‘n lyk. Bravo aan die Polisie.
Ek verstaan jou punt ook Karoo. Maar die vraag bly steeds – hoe lyk n verdagte voertuig om 02H00 of welke tyd ookal? Was daar dalk n BOLO deurgegee gewees dat die SAPD opgetree het? Dan kan ek die optrede verstaan ja.
As hulle jou aftrek en al jou papiere is in orde en daar is niks in jou Kat wat nie daar moet wees nie dan is dit mos als reg.
N verdagete motor is waarskynlik een wat van die polisie probeer wegkom.
Polisiebeamptes word opgelei om daardie sesde sintuig te ontwikkel. Iets wat nie noodwendig vir jóú verdag lyk nie, is dal heel verdag vir húlle. Bv. dalk het die voertuig stadiger begin ry of gestop en omgedraai toe hulle die patrollievoertuig sien – iets het ‘n WAKKER polisiebeampte se sesde sintuig gesneller.
Miena, ek dink sommige SAPD lede het n 6de sintuig oor goed.
Daar is ń rede hoekom ń mens nie water op vreemde erwe gaan haal nie
Hy sal nie weer kan water haal nie!!
Leer mense nie, dat jy kan nie wegkom met moord nie.??? Die waarheid kom altyd uit.
Veral as die oortreder n boer is.
Behalwe n moord op boere, 95% dat jy gaan wegkom met moord.
Was seker opppad om die ligaam in die rivier te gooi
Sjoe julle…. ek weet ‘n mens raak moedeloos en raadop maar om iemand dood te maak, dis darem die laaste uitweg. Bravo aan die Polisie wat die voertuig as verdag beskou het, as dit nie vir dit was nie, sou die skurke nooit aan die pen gery word nie en die familie sou nie weet waar die Man is nie.
Ai jinne hoekom is mense so wreed????dis so onnodig.
Hoe weet hulle die oorlede man is 45 jaar oud?