Twee vas oor lughawe-rooftogte

Argieffoto

Argieffoto

Twee mans is in hegtenis geneem nadat hulle glo vyf persone van Pakistan van ʼn onbekende bedrag geld in Oakdene in Johannesburg beroof het.

“Die persone is glo in Julie verlede van die lughawe af agtervolg,” het lt.genl. Solomon Makgale, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die verdagtes het hulself as polisiebeamptes voorgedoen en glo die slagoffers agtervolg voordat hulle beroof is. Hulle het identiteitskaarte getoon wat gelyk het of hulle deel is van die polisie voordat hulle die slagoffers se persoonlike besittings beroof het.”

Makgale sê die ondersoek duur voort om te bepaal of die mans moontlik aan ander misdade verbind kan word. Een van die mans is vermoedelik die hoof van die bende. Hy kan moontlik verbind word aan talle sake waar mense van die lughawe af agtervolg word en dan van geld, juwele en ander persoonlike besittings beroof word. “In bykans al die gevalle het die slagoffers aangedui dit is polisiebeamptes wat hulle beroof het,” het hy verduidelik.

Die polisie het Maandagoggend tydens die inhegtenisneming beslag gelê op twee voertuie.

Die twee verdagtes sal Woensdag in die Germiston-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

scalla ·

Pakistaners+ onbekende bedrag=dwelms en geldwassery, wat soek hul hier.

Drieks ·

In 20o8 tot 2010 het ek gesien hoe kom die Pakistane hier aan. Hul lé vir eerste 3 maande laag en dan is hul uit en het werk. {boksburg} Iets was baie snaaks op die manier wat hul in bondels hier aankom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.