Twee vas oor lyke by taxistaanplek

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

Die polisie in KwaZulu-Natal het twee verdagtes in hegtenis geneem in verband met ʼn voorval die naweek waar twee lyke by ʼn taxistaanplek in Umlazi naby Durban gevind is.

Volgens die polisie sal die twee verdagtes Maandag in die Umlazi-landdroshof verskyn. Daar is ook op ʼn motor wat glo gebruik is om die liggame by die taxistaanplek af te laai beslag gelê.

Die polisie is Saterdag na die Prince Mshiyeni-taxistaanplek ontbied nadat twee lyke op die perseel gevind is. Daar is glo gesien hoe insittendes van ʼn wit VW Polo die lyke daar aflaai. Die polisie vermoed die oorledenes is op ʼn ander plek vermoor waarna hul liggame na die taxistaanplek geneem is.

Die oorledenes is glo daarvan beskuldig dat hulle gesteel het. Hulle is geëien as
Nhlakanipho Ngobese (27) en Sibusiso Dlamini (25). Die verdagtes is glo familielede van die oorledenes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

DPJ ·

Hoe erg moet ‘n samelewing nie verval het dat familie nou al sulke dinge aanvang?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.