Twee vas oor mensehandel

Atif Ali (links) en Sabul Miah (Foto verskaf deur die Valke)

Twee mans sal na verwagting Vrydag weer in die distrikhof in Nelspruit verskyn ná hulle glo vier persone van Bangladesj ontvoer het.

Kapt. Dineo Sekgotodi, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), het gesê Atif Ali (27) en Sabul Miah (30) het Dinsdag in die hof verskyn. Hulle bly in aanhouding.

Volgens haar het die twee mans vier persone van Bangladesj onder vals voorwaardes in diens geneem voor hulle ontvoer is. Die persone word tans in ʼn plek van veiligheid gehou ná hulle uit onwettige aanhouding bevry is deur ʼn gesamentlike operasie van die Valke in Mpumalanga, misdaadintelligensie en Nelspruit se honde-eenheid.

“Die span het Vrydag inligting opgevolg oor persone wat in ʼn huis in Nelspruit Belview Estate aangehou word. Die vier persone van Bangladesj het via Dakar na Mosambiek gereis. Hulle is toe glo gedwing om na Suid-Afrika te stap totdat hulle in Komatipoort opgelaai en na die huis in Nelspruit geneem is.”

Die slagoffers voer aan hul ontvoerders het met hul familie in Bangladesj kontak gemaak en omkoopgeld vir hul vrylating geëis. Die twee verdagtes is op die perseel in hegtenis geneem en staan tereg op aanklag van mensehandel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

thelsa ·

Help my om te verstaan. Die 2 se name en fotos word gepubliseer. Beteken dit hulle het klaar in die hof gepleit? Die vrou wat in hegtenis geneem is en vermoedelik betrokke is met die Veeart se dood In Pta, se naam mag nie genoem word en gesin nie vertoon word. Huh ??

Karin ·

@Thelsa, ja hul het reeds in die hof verskyn en gepleit. Jy kan nie name of foto publiseer as a) nog nie verskyn en gepleit het nie b) minderjariges betrokke is (om kinders se identiteit te beskerm) en verskeie ander redes.

Lynette ·

Thelsa hulle verskyn Vrydag WEER on die hof, dus mag hulle name genoem word.

Renee ·

Maak ‘n voorbeeld van die gemors. Vrouens en kinders verdwyn ook. Stenger wet op human trafficking.

Db ·

Tot die diere is nie meer veilig nie en word ook ontvoer / verwyder so wat sal hulle omgee vir ‘n mens. Die ewige DOODSTRAF word nou bietjie afgesaag hoor. Dink wat gaan gebeur as dit moet terugkom. “I rest my case”

waarheid ·

SA het bekend geword vir skelms – alle skelms van die wereld kom hiernatoe -en dan het ons ons eie natuurlik! Miljoene!

Sinies ·

Dit is algemene praktyk om sulke mense in dwangarbeid in te dwing teen n bord kos om vir n paar jaar hul vryheid te werk.
Dept Arbeid word omgekoop om ander pad te kyk.

jakes ·

Helfte van Bangladesh en Pakistan se bevolking het winkels in SA. Meeste is haarkappers en weet hoe om jou haarkapsel op te foeter. Hulle ontvoer mense om hul hare te sny want die kompetisie is straf.

blouapie ·

Te voet van die buurlande af? vertel jou goed hoe ons grense “BEWAAK” word. Al die skelms/moordenaars/diewe/ verkragters word uitgenooi na SA. Gaan tronk toe want dit is beter as 5 ster hotel, ten koste van voos belasting betalers!

Joe ·

Wel, dis baie makliker om by n land ter voet in te kom as met n vliegtuig, boot, kar ens, en dis ENIGE land.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.