
Argieffoto
ʼn Egpaar van Johannesburg is in hegtenis geneem in verband met beweerde belastingbedrog ter waarde van R51 miljoen.
“Fazel Karodia en sy vrou Amina, albei 43 jaar oud, het Dinsdag in die Johannesburgse streekshof verskyn in verband met hul vermoedelike betrokkenheid in ʼn gesofistikeerde multimiljoenrand se BTW-terugbetalingskema,” het Sandile Memela, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), gesê.
Die egpaar is onderskeidelik op borgtog van R75 000 en R25 000 vrygelaat. “Die saak is uitgestel tot 20 Januarie 2016,” het Memela bygevoeg.
Die beweerde verlies aan die fiskus beloop R51 miljoen. “Verdere inhegtenisnemings word nie uitgesluit nie.”
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
10 Kommentare
Hoe gebeur dit dat said so maklik so baie terugbetaal sonder dat daar n klokkie begin lui. En as hulle my bv R200 moet terugbt wil hulle eers alles ondersoek
Wil ek ook weet. My boeke word deur ouditeurs gedoen as hulle ook ouditeurs het moet hulle saam toegesluit word. Dis te maklik om misdaad in SA toe te smeer.
SARS ondersoek alles dus waar hulle skuld my ook en my boeke word ook deur ‘n ca gekwaliseerde firma gedoen maar ek sukkel om my geld tekry
Die probleem is SARS(virus) self. Volgens hul eie reels mag hulle nie sulke bedrae uitbetaal tensy daar ‘n oudit gedoen is nie.
Hule kan maak nes hule wil hulle het n goie leermeester