Twee vas oor miljoene rand se BTW-bedrog

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Egpaar van Johannesburg is in hegtenis geneem in verband met beweerde belastingbedrog ter waarde van R51 miljoen.

“Fazel Karodia en sy vrou Amina, albei 43 jaar oud, het Dinsdag in die Johannesburgse streekshof verskyn in verband met hul vermoedelike betrokkenheid in ʼn gesofistikeerde multimiljoenrand se BTW-terugbetalingskema,” het Sandile Memela, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), gesê.

Die egpaar is onderskeidelik op borgtog van R75 000 en R25 000 vrygelaat. “Die saak is uitgestel tot 20 Januarie 2016,” het Memela bygevoeg.

Die beweerde verlies aan die fiskus beloop R51 miljoen. “Verdere inhegtenisnemings word nie uitgesluit nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Anny Penny ·

Hoe gebeur dit dat said so maklik so baie terugbetaal sonder dat daar n klokkie begin lui. En as hulle my bv R200 moet terugbt wil hulle eers alles ondersoek

Winston ·

Wil ek ook weet. My boeke word deur ouditeurs gedoen as hulle ook ouditeurs het moet hulle saam toegesluit word. Dis te maklik om misdaad in SA toe te smeer.

Ww ·

SARS ondersoek alles dus waar hulle skuld my ook en my boeke word ook deur ‘n ca gekwaliseerde firma gedoen maar ek sukkel om my geld tekry

Pieter ·

Die probleem is SARS(virus) self. Volgens hul eie reels mag hulle nie sulke bedrae uitbetaal tensy daar ‘n oudit gedoen is nie.

Loon ·

Daai name laat my nogal wonder of hulle nie dalk familiebande met die Guptas het nie……

Oom Piet ·

Alle blaam verskuiwende vrywaring en/of kriminele vervolging verskansings voorskrifte en/of verklarings moet ten stregste verbied word. Alles wat nie in geheel en al reg en/of korrek is nie moet deur die ouditeur (raporterend en nie vrywarend) vooraf in alle geouditeerde dokumente meedelend verklaar word.

Alle geregistreerde besighede en/of alle regerings entiteite is die gesamentlike en gelyk onverdeelbare eiendom van die Staat. (ware lands burgers) wat soos wettiglik voorgeskryf en sonder versuim of uitstel geouditeerd verslag moet lewer. SAID oudit alle onvoldoendes.

Alle ouditeurs is verplig om altyd vir en net in beste belang van die RSA en namens die Staat op te tree via en dus aan toepslike Regerings Instansies, ongeag wieookal daarvoor moet betaal.

Ben ·

Toe ek nog gewerk het, het my firma my aftreëbedrag oorbetaal na ‘n ander nuwe skema en SARS het my toe dadelik belas op die bedrag. Toe ek drie jaar later afgaan met aftrede, probeer SARS toe om my op die nuwe volle bedrag weer te belas. Dit het ‘n jaar geneem om hulle te laat besef hulle het my reeds belas op sowat 70% van wat my toekom. Was ek aan die slaap, het hulle my erg ingedoen. Selfs ‘n plaaslike “Belstingdeskundige” het dit nie raakgesien nie -my eie wakker brein het my gered. Moenie gedweë alles aanvaar wat hulle jou probeer wysmaak nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.