Twee vas oor miljoene rand se dwelms in Karoo

Foto verskaf deur die SAPD

Foto verskaf deur die SAPD

Die polisie in die Wes-Kaap het beslag gelê op ʼn verskeidenheid van dwelmmiddels ter waarde van meer as R4 miljoen.

“Die polisie se honde-eenheid het Saterdag ʼn verkoelingsvragmotor deursoek,” het konst. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, gesê. “ʼn 41-jarige man is in hegtenis geneem nadat ses bokse met 59 000 mandrax-tablette met ʼn geraamde straatwaarde van R2.95 miljoen en 3.358 kg tik met ʼn geraamde straatwaarde van R1 175 300 gevind is.”

Die polisie in die Karoo, bygestaan deur die honde-eenheid, het Saterdagaand in ʼn tweede geval inligting ontvang oor ʼn persoon wat dagga in ʼn trein vervoer. “ʼn Voorlopige ondersoek is gedoen en ʼn 37-jarige vrou is in hegtenis geneem met 25.5 kg dagga met ʼn geraamde straatwaarde van R51 000,” het Rwexana bygevoeg.

Al twee verdagtes sal in die hof verskyn sodra hulle formeel aangekla is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

hennie ·

Mooi skoot vir daardie polisie lede dit is n euwel wat moet uitgeroei word

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.