Die polisie in Milnerton in Kaapstad het twee uitlanders in hegtenis geneem ná perlemoen ter waarde van R4,8 miljoen in hul besit gevind is, het die Wes-Kaapse polisie Saterdag gesê.
Ondersoekwerk het beamptes van die Wes-Kaapse blitspatrollie na ʼn huis in Ashtonstraat gelei. “Die huis is omstreeks 20:30 ondersoek en daar is beslag gelê op die perlemoen en toerusting om perlemoen te prosesseer,” het lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, gesê.
Die twee verdagtes, onderskeidelik 25 en 34 jaar oud, bly in aanhouding totdat hulle na verwagting Maandag in die hof verskyn.
Lt.genl. Khombinkosi Jula, provinsiale polisiekommissaris, het die beamptes geloof vir die uitslag van hul ingryping om perlemoenstropery te bekamp.
Hier is ‘n lys van uitlanders in die land. Lotto = wie dink julle is dit?
Merk met ‘n x:
a) ….
b) ….
c) ….
d) ….
e) ….
z) nie een van bogemelde nie.
En waar word hierdie KOSbare fonds deur wie bewaar? Of word dit verkoop… WETTIG… om die aanslag teen stropery te befonds?
As ek PW was, sou ek destyds al verpligte doodstraf vir enige tipe stropery instel.
Het die polisie dit geweeg/getel en die waarde bereken?
Weereens was die kuswagte vas aan die slaap of het moontlik iets onder die tafel deur gekry.