ʼn Man en vrou is in Kaapstad in hegtenis geneem nadat 17 kg tik van nagenoeg R4,5 miljoen in hul besit gevind is.
Konst. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, het gesê die twee is Maandag in Parklands in Tafelsig aangekeer.
Die 35-jarige vrou en die 37-jarige man moet Woensdag in die Kaapstad-landdroshof verskyn op aanklag van die besit van dwelms.
R4.5 miljoen! As die twee tog maar net wettige produkte wou vervaardig vir uitvoer :-/
Tik hulle so bietjie oor die kop maar hard
Lekker gelag William!
Whaahahahahaha.. . . Will I Am …. Jy is die soort skerp ou wat ek al vir jaaaaaaaaaare lank soek!! Skerpknal ou bal… hie hie hie Lekker gelag!! Tx
So dankbaar om die nuus te lees, ek dink net aan al die jongmense wat gespaar word. Hierdie tik peste moet behoorlik uitgesorteer word en as julle nou borg kry is hulle weg, mense wat met soveel goed handel dryf is beslis vol geld iewers weggesteek. Eintlik is hul ook moordenaars, dit is wat hul goed doen met tyd.
Dit neem twee persone om ‘n transaksie te maak… As daar nie kopers is nie sal daar ook nie vervaardigers en verspreiders wees nie. Hulle dwing dit nie op die kopers af nie.
Wondelrik! Slaat hulle waar hulle dit sal vóél! Altyd heerlik om sulke nuus te lees, eerder as om teen Namba Whan se tronie vas te kyk!
Mens word bang as jy hoor van al die verdowingsmiddels wat in SA in omloop is. Daar moet baie mense wees wat dit gebruik, tussen ons beweeg, op die paaie bestuur en met dalk gevaarlike apparaat werk. Wat nog van kinders wat blootgestel word aan sulke smouse. Waarom die regering destyds die narkotika-buro gesluit het, sal net hulle weet.