Twee vas oor mortierbom in Jhb

Argieffoto ter illustrasie

Argieffoto ter illustrasie

Twee mans, onderskeidelik 32 en 35 jaar oud, is deur lede van die blitspatrollie in Johannesburg se middestad in hegtenis geneem nadat hulle ʼn aktiewe mortierbom in hulle besit gehad het.

Die polisie het gesê die verdagtes is Woensdag in hegtenis geneem nadat hulle springstof, wat nie vuurwerke is nie, sonder ʼn permit in hul besit gehad het.

“Die beamptes was besig met roetine-misdaadvoorkomingspligte toe hulle twee verdagte persone opgemerk het wat ʼn swaar sak gedra het,” het kapt. Xoli Mbele, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die mans is voorgekeer en deursoek.”

Mbele het gesê die polisie se bom-eenheid het bevestig die betrokke voorwerp is ʼn aktiewe mortierbom.

Die polisie se ondersoek duur voort. Die verdagtes sal binnekort in die Johannesburgse landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Ben Prinsloo ·

Mooi gestel Jennefer. My vraag is wat was hulle plan met hom en hoeveel is daar nog.

Johann Marx ·

Heng, vat dit my nou terug na die dae in Suid-Wes toe. Die troepe het nog so ‘n kampvuur gesit dan hoor jy “kleng kleng kleng”…dan kom twee of drie PB kindertjies aangeloop met “doverts” wat hulle in die veld opgetel het (lewendige mortiere wat nie afgegaan het nie). Hulle loop dit so teen mekaar en kap…en dan gooi hulle dit langs die vuur neer…en wag vir hulle geld (Ja, hulle is betaal vir enige militêre toerusting of ammunisie wat hulle gevind het en na die naaste militêre basis toe gevat het). Daai mortiere het nog nie langs die vuur geval nie….dan staan net die PB kleintjies daar….soos wat die troepe dekking slaan!!

Joann ·

Sommige mense in die land is so onderduims dat hul die goed voorsien aan gehuurdes wat goed betaal word om dit te gebruik op sekere teikens

Cherokee ·

Miskien het hulle dit opgetel op militêre grond met die doel om te gaan verkoop as scrap metal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.