Twee vas oor onnie se ontvoering, verkragting

Argieffoto: Nico Strydom

ʼn Gesamentlike optrede in Limpopo het gelei tot die inhegtenisneming van twee verdagtes van 18 en 20 jaar in verband met die ontvoering en verkragting die afgelope week van ʼn hoërskoolonderwyseres.

Beamptes het sedert Vrydag onverpoos gewerk en die verdagtes eindelik aangekeer in twee afsonderlike gebiede buite Lephalale (Ellisras), sê kol. Moatshe Ngoepe, Limpopo-polisiewoordvoerder.

Tydens die inhegtenisnemings is die sleutels van die slagoffer se motor in een van die verdagtes se besit gevind. Haar kar is later verlate in bosse naby Marken aangetref, berig African News Agency.

Ngoepe het vroeër aan Maroela Media gesê die groep verdagtes het Vrydagaand by die onderwyseres van ʼn hoërskool naby Marken buite Lephalale se huis ingebreek. Hulle het haar vasgebind en haar in haar motor se kattebak gelaai en weggery.

Die polisie is van die voorval in kennis gestel en het onmiddellik na die 28-jarige onderwyseres begin soek. Sy is later in ʼn veld langs die Bakenbergpad buite Mokopane (Potgietersrus) gevind. Sy is onmiddellik vir behandeling na ʼn hospitaal geneem.

Volgens Ngoepe het ʼn voorlopige ondersoek aan die lig gebring dat twee van die verdagtes glo aan die onderwyseres bekend is aangesien sy blykbaar vroeër vir hulle klas gegee het en hulle in dieselfde omgewing woon.

Ngoepe het gesê die verdagtes het die vrou om die beurt verkrag voor hulle haar steeds vasgemaak in die veld agtergelaat het en met haar blou Volkswagen Polo op die vlug geslaan het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Willem Grobler ·

Die barbarisme is skokkend. Die onnoselheid is verbasend – wat het hulle gedink? Dat sy hulle nie gaan onthou nie?

Kokkie ·

Gee die doodstraf vir alle moordenaars, verkragters en kindermolesteerders.

Nettie ·

@Kokkie, wees versigtig waarvoor jy wens ………………. Doodstraf vir alle moordenaars, verkragters en kindermolesteerders …………. met ‘n regstelsel wat duidelik ras-bevooroordeeld is (in sekere gevalle) soos dié tans in SA, wil jy REGTIG die mag, die besluit oor dood en/of lewe aan ras-bevooroordeelde regters oorlaat? Hoeveel swart oortreders, dink jy, wat verkrag/vermoor/molesteer en skuldig bevind word, sal ter dood veroordeel word en hoeveel blanke oortreders wat verkrag/vermoor/molesteer en skuldig bevind (en bewys) word, sal ter dood veroordeel word?

Ons moet onthou ons is die minderheidsbevolkingsgroep en daar word op kleurryke en talryke maniere gepoog om die wit man uit die weg te ruim. Die doodstraf kan – as dit teruggebring word en ten uitvoere gebring word – dalk net nóg ‘n manier word waarop die blinde sambok hárd en seer slaan.

Johan H. ·

Willem Grobler. Ek dink hier is iets anders aan die gang met misdaad… ek dink hulle is onder die indruk dat malema of iets soos dit aan bewind gaan kom en dan kry die skuim almal politieke kwyrskelding. Ek wonder,,, want geen mens? Kan seker so dom wees nie???

CATHERINE ·

Mens word naar as jy sulke goed Lees. Doodstraf sou help, maar nie in hierdie land nie

Herman ·

Dit is tyd die weermag te ontplooi by staats instansies om misdaad te verhoed. Die polisie se hande is vol. Staat werkers word geteiken omdat hulle sagte teikens is. Securiteit by hospitale en skole is moeilik weens die talle mense wat deur hul hekke moet beweeg elke dag. Securiteits wagte is onefektief en magteloos. n Sigtelike teenwoordigheid van gewapende gesag is belangrik om sulke wrede aanvalle te verhoed. Dit is die regering se plig om sy burgers te beskerm en die weermag se mandaat. Dis oorlog teen misdadigers!!

Theresa B ·

Ek stem Kokkie. Dinge sal baie beter word in ons land as die doodstraf teruggebring word vir sulke misdade. Maar dit gaan soos wat dit gaan omdat hulle weet hulle kom weg met sulke optrede.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.