Kapt. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke, het gesê Hardlife Bhebhura (35), ʼn Zimbabwiese burger, en Rodrigues Lima Jose Jorge (49) is Sondag in Springbok in hegtenis geneem. Volgens Nkwalase is daar op 123 diamante van -90.43 karaat beslag gelê.
Nkwalase het gesê die geheime operasie het die bedrywighede van smokkelaars in Springbok, Port Nolloth en Steinkopf oopgevlek. Die diamante word glo uiteindelik landuit gesmokkel.
Die verdagtes het Maandag in die Springbok-landdroshof verskyn op drie aanklagte rakende die handel in en besit van ongeslypte diamante. Jorge is op borgtog van R25 000 vrygelaat terwyl Bhebhura se saak tot 1 Februarie uitgestel is wanneer hy na verwagting om borgtog sal aansoek doen.
Nkwalase het gesê nog inhegtenisnemings word verwag.
Verander tog asb nou bietjie die peiling. Word dit weekliks afgewissel. Verstaan nie.
Dagsê Daan M.
Dankie vir jou terugvoer. Maroela Media verander die nuuspeiling weekliks om seker te maak dat genoeg lesers die kans kry om aan die peiling deel te neem. Die nuwe nuuspeiling sal vandag beskikbaar wees.
Groetnis
Landi nms Maroela Media
Weereens buitelandse skelms, jaag hulle terug van waar hul vandaan kom.
As kind het hierdie soort misdaad my altyd laat wonder oor die spreekwoord, “optelgoed is Jakkals kos”.
Gestel ek sou loop in die veld en tel hierdie allemintige diamant op, die waarde daarvan kan my ‘n goeie aftrede verseker.
Sal ek dit gaan inhandig en ‘n klein beloning kry of dit verkwansel teen ‘n baie beter prys. My my wil dit voorkom dat die staat hierdie soort misdaad as kompetiese sien.
Ek stem saam met jou. As ek nie die diamant gesteel het nie en ek dit opgetel het in my erf, is ek geregtig daarop.
Mag ek op jou erf kom rondloop Hendrik? My dieselverbruik per dag is 6000 liter. Opbrengs uit grond is 1karaat per 100ton gewas. Dan steel die werker en gaan verkwansel ? Duidelik weet jy nie waarvan jy praat.
Mnr die Delwer ek het ‘n probleem as iemand steel en dit is julle bedryf se probleem en julle moet dit handteer. Ek se weer as ek ‘n diamant op my erf optel is dit myne (Ek weet die wet se anderste).
Mnr die Delwer ek het ‘n probleem as iemand steel. Dit is julle bedryf se probleem en julle moet dit hanteer. So die wet beskerm julle en benadeel die ander. Ek se weer as ek ‘n diamant op my erf optel is dit myne (Ek weet die wet se anderste).
‘n Kunsmatige waarde wat aan ‘n klip geheg word en ondersteun word deur die Geldmag, wat weer op hulle beurt ondersteun word deur regerings en eensydige wette.
Piet Pompies, as jy 10% vir jou eerlikheid gaan kry is jy baie gelukkig, en ja Hendrik, ek stem saam, as ek op MY plaas, op MY grond ‘n diamant ontdek, maak dit dadelik van my ‘n krimineel (want dis ongeslyp) – hoe bizar!!!! Dis om van naar te word, maar ‘mind programming’ maak dat ons nie meer realistiese vrae vra, en die status quo bevraagteken nie.
Word mos beheer deur De Beers, as ek hom op my grond kry is dit myne, niemand se naam is daarop gegraveer nie.