Twee vas oor onwettige dobbel in Richardsbaai

Argieffoto (Pixabay)

Argieffoto (Pixabay)

Twee verdagtes is in hegtenis geneem nadat die Valke en die polisie Vrydag op ʼn onwettige dobbelnes in Richardsbaai in KwaZulu-Natal toegeslaan het.

“Die polisie monitor al die bedrywighede sedert verlede jaar,” het maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die polisie en die Valke het vandag op die internetkafee toegeslaan. Twee verdagtes, onderskeidelik 26 en 34 jaar oud, is in hegtenis geneem op aanklag van onwettige dobbel.”

Die polisie het tydens die klopjag beslag gelê op dobbelmasjiene.

“Die mans sal na verwagting Maandag in die Richardsbaai-landdroshof verskyn.”

Lt.genl. Mmamonnye Ngobeni, provinsiale polisiekommissaris, het gesê die eienaar van die perseel is nog op vrye voet. “Ons is vol vertroue dat hy binnekort ook aangekeer sal word,” het Ngobeni gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.