Twee vas oor onwettige sigarette

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Die polisie in die Vrystaat het twee mans in hegtenis geneem vir die besit van onwettige sigarette met ʼn waarde van meer as R1,2 miljoen.

Konst. Mosili Ntsika, woordvoerder van die polisie, het gesê die twee mans is laat Vrydagmiddag in hegtenis geneem tydens ʼn padblokkade op die N1 buite Bloemfontein. Volgens Ntsika het die mans in ʼn Iveco-paneelwa met Gauteng-nommerplate gery toe hulle by die padblokkade van die pad af getrek is.

Die paneelwa is deursoek en daar is op 7 500 kartonhouers onwettige sigarette beslag gelê. Die twee mans, 32 en 51 jaar oud, het glo gesê hulle vervoer die sigarette van ʼn pakhuis in Gauteng na ʼn winkel in die Oos-Kaap.

“Die mans is versoek om al die behoorlike dokumente te verskaf, maar het ʼn vervalste faktuur ten bedrae van R1 244 965,50 voorgelê,” het Ntsika gesê. “Die mans is in hegtenis geneem op aanklag van bedrog en die besit van vermoedelik gesteelde goedere.” Die verdagtes sal binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Peet ·

Hierdie tipe gebeure is GREAT vir ons land.
Die strawwe moet net ordentlik toegepas word!
Sal die doodstraf nie ook ons land in n kort tydjie weer help regruk nie?!

Mike de Beer ·

Waar daar ‘n rokie is is daar waarskynlik ‘n vuurtjie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.