Twee vas oor Oukersaand-moorde

Argieffoto.

Argieffoto.

Twee persone is in hegtenis geneem in verband met twee afsonderlike moorde wat op Oukersaand in Noordwes gepleeg is.

“ʼn 19-jarige man is in hegtenis geneem nadat hy glo na bewering sy 22-jarige oom met ʼn gebreekte bottel in die skouer gesteek het,” het maj. Pelonomi Makau, woordvoerder van die polisie, gesê. “Hulle het glo oor bier baklei. Die man is na ʼn hospitaal geneem waar hy aan sy beserings beswyk het.”

In ʼn tweede geval het ʼn 33-jarige man omstreeks 23:00 aangemeld dat sy meisie “by sy huis vermoor is”. “Toe die polisie by die huis opdaag, was die man egter nêrens te vinde nie,” het Makau bygevoeg. “Die polisie het hom vroeg Vrydagoggend gevind waar hy in ʼn buurman se erf wegkruip. Hy is in hegtenis geneem.”

Albei verdagtes sal Maandag in die Itsoseng-landdroshof verskyn op aanklag van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Johann Marx ·

Hoe lank nog voor mense begin bewus raak dat ons in ‘n gewelds-kultuur woon? Hoe tragies dit ookal mag wees, dit is ongelukkig die nare waarheid. Die meerderheid mense in ons land sal nie skroom om geweld te gebruik om te kry wat hulle wil hê nie, te vat wat nie aan hulle behoort nie, ‘n argument op te los, of hulle wil af te dwing nie. In Suid Afrika lyk die nuwe samelewing so: “Ek het ‘n AK, en jy het ‘n graad in kern-fisika….daarom maak ons soos EK sê. En as jy nie daarvan hou nie, dan skiet ek jou, en dan maak ons soos EK sê. Gaan kyk na die fliek “Dawn of the Planet of the Apes”. Die gorillas woon op die eiland waar die damwal is wat ‘n hidro-elektriese kragsentrale huisves. Hulle het nie die vermoë om die kragsentrale te kry dat dit werk nie, maar hulle het die vermoë om wapens te vat, en ander mense aan te val wat wel elektrisiteit het. ‘n Span kundiges bied aan om die kragsentrale te herstel, tot almal se voordeel. Hulle word toegelaat om dit te doen, en die oomblik toe dit werk, word hulle aangeval en gejag. Hoeveel keer sien ons dit nie in die sogenaamde “nuwe” Suid Afrika nie? Ek praat heelwat individue wat oor die Kerstyd “terug gaan” na hulle lande van herkoms toe. Een van hulle sê hy kan nie terug gaan Zim toe nie, want hy word gesoek. “Gesoek vir wat?” vra ek. “Vir moord”, antwoord hy. Hy en sy buurman het ‘n bier gedrink, en politiek begin praat. Hy is pro Mugabe, en die buurman is pro Tswangirai. Hy het toe opgestaan, ‘n mes in die kombuis gaan kry, en die buurman dood gesteek. Die res van die wêreld veroordeel sy daad as moord, en sê vir hom dat hy iemand se lewe geneem het. Sy uitgangspunt is dat hy eintlik ‘n medalje verdien, want hy het sy president beskerm deur Mugabe se vyand te elimineer!! Hierdie lewensbeskouing kan nie verander of uitgeteel word nie, want dit is geneties. Met ander woorde, elke individu wat in so ‘n samelewing wil woon het basies net twee keuses: Berei jouself voor om sulke fisiese geweld teen te staan en die hoof te bied, of vat jou goed en gaan woon in ‘n samelewing waar lewe gerespekteer word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.