Twee vas oor Oukersaand-moorde

Argieffoto.

Argieffoto.

Twee persone is in hegtenis geneem in verband met twee afsonderlike moorde wat op Oukersaand in Noordwes gepleeg is.

“ʼn 19-jarige man is in hegtenis geneem nadat hy glo na bewering sy 22-jarige oom met ʼn gebreekte bottel in die skouer gesteek het,” het maj. Pelonomi Makau, woordvoerder van die polisie, gesê. “Hulle het glo oor bier baklei. Die man is na ʼn hospitaal geneem waar hy aan sy beserings beswyk het.”

In ʼn tweede geval het ʼn 33-jarige man omstreeks 23:00 aangemeld dat sy meisie “by sy huis vermoor is”. “Toe die polisie by die huis opdaag, was die man egter nêrens te vinde nie,” het Makau bygevoeg. “Die polisie het hom vroeg Vrydagoggend gevind waar hy in ʼn buurman se erf wegkruip. Hy is in hegtenis geneem.”

Albei verdagtes sal Maandag in die Itsoseng-landdroshof verskyn op aanklag van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Johann Marx

Hoe lank nog voor mense begin bewus raak dat ons in ‘n gewelds-kultuur woon? Hoe tragies dit ookal mag wees, dit is ongelukkig die nare waarheid. Die meerderheid mense in ons land sal nie skroom om geweld te gebruik om te kry wat hulle wil hê nie, te vat wat nie aan hulle behoort nie, ‘n argument op te los, of hulle wil af te dwing nie. In Suid Afrika lyk die nuwe samelewing so: “Ek het ‘n AK, en jy het ‘n graad in kern-fisika….daarom maak ons soos EK sê. En as jy nie daarvan hou nie, dan skiet… Lees meer »

Ds Bestbier

Ai , die gees van kersfees darem ne’