Twee vas oor perlemoen

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Twee mans is Dinsdag in hegtenis geneem nadat lede van die Valke, die polisie se honde-eenheid en beamptes van die departement van bosbou, landbou en visserye, op ʼn huis in Gordonsbaai toegeslaan het.

Kapt. Lloyd Ramovha, woordvoerder van die Valke, het gesê ʼn Chinese burger en ʼn Zimbabwiër, onderskeidelik 23 en 28 jaar oud, was in die huis, wat glo as ʼn onwettige perlemoenprosseseringsfasiliteit gebruik is.

Die beamptes het op toerusting en 26 015 stukke gedroogde perlemoen, ter waarde van R4,5 miljoen, beslag gelê.

Die verdagtes sal na verwagting Donderdag in die Strand-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

stephanus jesaja Heunis ·

Wonder wat word van al die “baie is onwettig in suid afrika” buitelander wat misdade en gevonnis is in suid afrika? Word hul uitgelewer aan hul lande sodat hulle daar bederf kan word in hulle tuislande se tronke!!

Cherokee ·

Asof lokale swartes nie genoeg steel nie beplunder buitelanders ook Suid Afrika en dit word blykbaar eenvoudig nie raak gesien nie. Het ook nog nie opgelet dat dit spesifiek in ‘n parlementsitting bespreek word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.