Twee persone is in hegtenis geneem in verband met die moord op Leon Brits, eienaar van die gewilde Pofadder-hotel in die Noord-Kaap.
Maroela Media het vroeër berig Brits is op 7 Oktober 2020 met meswonde dood aangetref.
Brig. Mohale Ramatseba, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn gesamentlike taakspan van provinsiale georganiseerde misdaad, die direktoraat van prioriteitsmisdaadondersoeke, en speurders van Pofadder en Springbok onder leiding van brig. Dick de Waal het die twee verdagtes in hegtenis geneem.
“ʼn 37-jarige man is in Piketberg in die Wes-Kaap aangekeer en ʼn 34-jarige man in Kathu in die Noord-Kaap,” het Ramatseba gesê.
Die verdagtes sal na verwagting Maandag in die plaaslike landdroshof verskyn. Die polisie se ondersoek duur voort.
Genl.maj. Phiwe Mnguni, waarnemende provinsiale polisiekommissaris, het die ondersoekspan geloof.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
3 Kommentare
MM, John Taolo Gaetswe distrik is Kuruman. Kathu munisipale distrik is Gamagarra.
Welgedaan polisie!