Twee vas oor polisiebeampte se moord

(Foto: SA Polisie)

Twee verdagtes, onderskeidelik 26 en 40 jaar oud, is in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn polisiebeampte. Hulle sal na verwagting Maandag in die Verulam-landdroshof in KwaZulu-Natal verskyn.

Kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), het gesê twee speurders van Phoenix-polisie het op 4 Mei 2021 in ʼn polisievoertuig in Verulam gery toe onbekende mans skote op hulle motor gevuur het. Sers. Mbanjwa is noodlottig gewond en nog ʼn sersant het beserings opgedoen.

Die Valke in Durban het ʼn saak van moord en poging tot moord begin ondersoek. Dit het daartoe gelei dat die twee verdagtes Donderdag in Tongaat aangekeer is, het Mogale bygevoeg. Polisiebeamptes het beslag gelê op ʼn vuurwapen, patrone, vyf selfone, drie nywerheidshandskoene en ʼn mes by hul woning in Magwaveni in Tongaat.

“Die vuurwapen sal vir ballistiese toetse gestuur word om te bepaal of dit in die moord op die polisiebeampte gebruik is en of dit in enige ander misdade gebruik is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.