Twee vas oor R1 miljoen se perlemoen

Van die perlemoen waarop beslag gelê is. Foto: SAPD

Daar is beslag gelê op perlemoen ter waarde van R1,2 miljoen nadat die polisie op ʼn huis in Table View, Kaapstad, toegeslaan het.

Die polisie het inligting ontvang oor perlemoen wat glo in ʼn huis in Raatsstraat gehou word waarna ʼn klopjag Donderdag uitgevoer is, het kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, gesê.

“Die huis is deursoek en daar is op 4 600 eenhede droë perlemoen en ses sakkies bevrore perlemoen beslag gelê.”

Volgens Van Wyk is daar ook beslag gelê op ʼn groot kisvrieskas, ʼn groot pot, gasbottels en toerusting wat gebruik word om perlemoen te droog.

Twee buitelandse burgers, 31 en 35 jaar oud, is in hegtenis geneem. Die verdagtes sal binnekort in die Kaapse landdroshof op aanklagte ingevolge die Wet op Lewende Mariene Hulpbronne verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

leser ·

en hulle gaan aansoek doen om op borg vrygelaat te word, en dis die laaste sien van hulle, voorlopig, tot hulle weer eendag terug kom, onder ‘n ander naam en weer aangaan asof hulle niks verkeerd gedoen het nie

Andre ·

En kom ons raai van watter land is die spul……….china…….Suid Afrika behoort mos aan China

INA ·

Dis noual jare dat die polisie so noù & dàn op ñ perlemoenstropers “huis/fabriek” afkom. Maar dit is ñ besigheid wat dag & nag besig is om ons perlemoen te stroop & daar’s belis nie net twee mense wat daarby betrokke is nie… Lyk nie juis asof dit ooit stopgesit sal word nie…

George in Bloem ·

Stuur hulle tronk toe vir ‘n paar jaar en van daar af terug na waar hulle vandaan kom.

SjN ·

Altyd buitelanders, jaag hul terug van waar hulle kom, wie bepaal die waarde van die perlemoen?

marous ·

Dit sal nooit stop voor die groot koppe nie opgefoeter word nie . Dieselfde met dwelms , renoster horing ens. Die polisie weet presies wie hulle is maar sal nie aan hulle raak nie.

humor ·

Wie weet miskien kry die grootkoppe so om die draai ook ietsie. Vra gedurig waar is die kuswag. Perlemoenstropery is harde werk en dit duur ure waarom word hulle nie al daar vasgetrek nie???????

Sê maar net ·

En ek weet waar die mense bly……die res vd sindikaat, maar polisie is min gepla….

Elna ·

Wat word van die perlemoen? Gooi hulle dit terug in die see? Word dit verkoop aan restuarante wat word van die perlemoen as daar beslag gelê word. Dis wat ek wil weet. Word dit dalk ook so hanteer soos hulle doen met ongelisensieerde vuurwapens?

Dirk van der Merwe ·

Ja Elna…wil ek ook weet! En niemand van SAPD wil kommentaar lewer nie!! So ..”Poef!”
verdwyn miljoene Rande se perlemoen. Net ons ingehandigde vuurwapens & ammunisie…

martin cilliers ·

ek bly baie naby die huis die polisie se helikopter het ons en ons diere kinders kransinnig gedryf dit is net soos die in die movies appococlypse kan hulle nie sonder die gedonder die mense in hegtenis neem nie ish

Anita ·

Waarom word borg steeds toegestaan? gee hulle lewenslank dan sal dit afneem, my vraag is…beslaglegging vind plaas, waarheen gaan die voorraad dan?… hoe word dit bewaar, omder toesig? wat word dan van die voorraad? indien de Staat die verkoop wie is die kopers? i ndien vernietig wie hou toesig oor vernietiging? indien verkoop waar gaan die geld heen , welke rekening en word die publiek dit mee gedeel? Sluit hulle op. vir lewenslank.

Christo ·

Kortbroek Van Schalkwyk het destyds op die TV gesê die goed word verkoop en die opbrengs word gebruik vir befondsing van Natuurbewaring. Wat maak dit van die staat… deelnemers aan die misdaad…en dalk die rede hoekom die groot kanonne nie vasgevat word nie. As ek deel in ‘n misdaad maak dit nie van my ook ‘n misdadiger of medepligtige nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.