Twee vas oor R12 m. se mandrax

Die mandraxvonds wat op 19 Januarie 2016 naby Bloemfontein gemaak is Foto: Verskaf deur die Valke

Die mandraxvonds wat op 19 Januarie 2016 naby Bloemfontein gemaak is Foto: Verskaf deur die Valke

Twee verdagtes is op die N1 naby Bloemfontein in hegtenis geneem nadat hulle glo mandraxtablette ter waarde van R12 miljoen in hul besit gehad het.

“Die bestuurder van ʼn afleweringswa en sy vroulike passasier sal Woensdag in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn,” het brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, gesê. “Die mandraxtablette was in die voertuig versteek.”

Volgens Mulaudzu het die Valke ʼn wenk ontvang oor die voertuig wat van Gauteng na die Oos-Kaap onderweg was. “Die voertuig is naby die Verkeerdevlei-tolplaza opgemerk en beamptes het dit agtervolg tot net voor Bloemfontein.”

ʼn Aanvanklike soektog het niks opgelewer nie. “Die dwelmmiddels is gevind toe die voertuig by ʼn nabygeleë polisiestasie deeglik deursoek is,” het hy bygevoeg.

Beamptes van die Valke het ʼn tuisgemaakte kompartement onder die laaibak van die voertuig opgespoor. “Die 20 plastieksakkies dwelmmiddels ter waarde van R12 miljoen was in nege sakke versteek.”

Die bestuurder en passasier, onderskeidelik 40 en 35 jaar oud, is gevolglik in hegtenis geneem en staan tereg op aanklag van dwelmhandel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Charlotte ·

Hul behoort lewenslank tronkstraf te kry want WAT ANDERS doen hulle as om mense dood te maak….

John ·

Dit maak ‘n mens baie bang, want daar moet ‘n afsetgebied wees; mense wat die doofmiddels gebruik en rondry op ons paaie en tussen ons rondbeweeg. Wie is die kopers van die mandrax en ander gevaarlike middels? Kyk die groot hoeveelheid. Ons moet ophou om ons te verbeel dis net mense in verre lande wat verkeerd doen. Hier in ons midde gaan dit wild. Groot onluste kan uitbreek met sulke gevaarlike doofmiddels in die hande van gewone burgers. Geld vir kos en klere word ook so vermors en deur onheilige misdadigers opgeslurp. Jongmense se lewens word verwoes. Waarom is ons narkotika buro gesluit?

Griet ·

Die berig is misleidend en swak geskryf. As ek na die foto’s kyk was dit was 20 plastieksakkies per sak, daar was 9 (nege) sakke. Totaal: 180 klein sakkies.

Sune van Heerden ·

Dagsê Griet

Die geraaamde waarde van die dwelmmiddels en foto’s is deur die Valke bekend gemaak en beskikbaar gestel. Let wel dat die foto moontlik net ‘n gedeelte van die vonds verteenwoordig en nie al die dwelmmiddels wat in die voertuig versteek was nie.

Ons vra om verskoning as dit dalk nie duidelik was dat elk van die nege sakke 20 sakkies bevat het nie.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.