Twee vas oor R5 miljoen se Mandrax

Die vonds in die motor se kattebak. (Foto: Verskaf)

Twee verdagtes is Vrydag in die omgewing van Kinkelbos naby Port Elizabeth in hegtenis geneem vir die besit van Mandrax-tablette met ’n straatwaarde van sowat R5 miljoen.

Kapt. André Beetge, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn man (45) en ʼn vrou (26) is op die N2 naby Kinkelbos voorgekeer nadat hulle in ʼn verdagte Nissan Almera verby die polisie gery het.

Volgens Beetge het die polisie die voertuig afgetrek en deursoek waartydens hulle op 50 plastieksakke met sowat 1 500 Mandrax‑tablette in elke sak in die kattebak van die motor afgekom het.

Die polisie het op altesaam 77 500 Mandrax-tablette beslag gelê waarna die twee insittendes van die motor in hegtenis geneem is vir dwelmhandel.

Die verdagtes sal na verwagting Maandag in die Alexandria-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Willie ·

Ja hulle hoort nie in die samelewing nie…. Hulle moet geskiet word…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.