Twee vas oor R5,5 miljoen se dwelms

Twee persone is op 22 September 2016 in hegtenis geneem nadat mandrax ter waarde van R5,5 miljoen by 'n huis in Blackheath, Kaapstad, gevind is Foto: SAPD

Twee persone is op 22 September 2016 in hegtenis geneem nadat mandrax ter waarde van R5,5 miljoen by ‘n huis in Blackheath, Kaapstad, gevind is Foto: SAPD

Twee persone is Donderdagmiddag in hegtenis geneem nadat mandrax-tablette ter waarde van meer as R5 miljoen by ʼn huis in Blackheath, Kaapstad gevind is.

Lt.kol. Andre Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê beamptes van verskeie eenhede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens het tydens ʼn klopjag op die huis toegeslaan. “Tydens die soektog is daar beslag gelê op 138 000 mandrax-tablette met ʼn geraamde straatwaarde van R5,5 miljoen,” het hy gesê.

Twee persone, ʼn 38-jarige man en ʼn 34-jarige vrou, is in hegtenis geneem. “Hulle sal in die hof in Blue Downs verskyn sodra hulle aangekla is van dwelmhandel,” het Traut bygevoeg. “Hierdie beslaglegging is ʼn beduidende knou op die dwelmhandelbedryf in hierdie provinsie en ons is tevrede met die uitslag van ons poging.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Gerda ·

Ai en dit net om geld te maak ten koste van onskuldige mense se lewe. Daar moet sommer n hele kg tablette in hul kele afgedruk word dat hul kan voel hoe voel dit. Mag alle dwelmsmouse gou tot hul besinning kom.

DNA ·

Hulle tjank is behoorlik afgetrap nou.
My bekommernis is hoeveel verspreiders is daar nie nog in die ander provinsies

broos ·

wys hulle gesigte sodat ouers en kinders kan weet wie om voor uit te kyk!

brenda ·

Dwelms verwoes lewens; sien dit daagliks; n groot probleem in ons land; orals.

Helen ·

En nou gaan hulle maar weer net dadelik op borgtog vry gelaat word, net om op n ander manier verder te moor! Want ek sien hulle nie as dwelmsmouse nie, ek sien hulle as moordenaars! Huveel mense het hulle nie al vermoor nie?

Maria van Dieweeck ·

Deesdae huur n “getroude” paartjie n spoghuis in n kompleks en kom en gaan soos gewone mense. Bnne is net aparaat vir vermenging. Selfs op kleinhoewes en plase.

Suzette ·

My hart juig van vreugde met elke fonds wat die gereg op beslag le. Ongelukkig as een kop afgekap word verskyn daar 10 ander. SA en oral ek bedoel oral is hulle bedrywig. Mense hou julle kinders fyn dop asb. Moenie te laat wakker skrik nie. Hierdie gespuis behoort die doodstraf te kry. Hulle is 85% nie self daarop nie maar vermoor mense om lekker te kan leef en mense besef dit nie.

jennefer ·

Stem nogal saam met die doodstraf vir dwelmsmouse, in sommige lande soos Indonesie word die doodstraf toegepas. As mens die gesinsmoorde van die laaste 2 jaar bekyk lyk dit of die kinders bedwelm hul ouers vermoor.

snoefie ·

ja swaer. wonder nou net, hoeveel van daardie pilletjies is alklaar weer te koop op straat.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.