Twee vas oor R7 miljoen se perlemoen

Altesaam 43 bokse met 860 kg gedroogte perlemoen is gevind (Foto: Verskaf)

Twee buitelanders, onderskeidelik 38 en 52 jaar oud, is Dinsdag in hegtenis geneem toe hulle in besit van perlemoen ter waarde van sowat R7 miljoen betrap is.

Nomthandazo Mnisi, woordvoerder van die Valke, het gesê ʼn gesamentlike operasie deur lede van die Valke in die Noord- en die Wes-Kaap, asook die departement van landbou, bosbou en visserye, die plaaslike kriminele rekordsentrum en die Colesburg-polisie het tot die deurbraak gelei.

Die polisie het die verdagtes se voertuig vol gedroogte perlemoen op die N1 tussen Kaapstad en Gauteng onderskep. Hulle het op 43 bokse met 860 kg gedroogte perlemoen beslag gelê.

Die twee verdagtes sal binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
antieke antie

en ons kan nie wettig perlemoen kry nie

Scalla

Weereens buitelanders betrokke, hulle is besig om alle natuurlike hulpbronne op te foeter, laat hul straf in eie land gaan doen, deur wie en hoe bepaal die mense die geld waarde, volgens my is dit oor die R8000 per kg, hoop ek word nooit so honger of lus nie, eet eerder n stukkie biltong wat gemiddeld so R300 per kg beloop.