Twee vas oor R7 miljoen se renosterhoring

Argieffoto (Foto: Rhino Horn Auction)

Twee persone sal na verwagting Dinsdag in die Standerton-streekhof verskyn in verband met die onwettige handeldryf en besit van 20 renosterhorings.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het gesê die twee mans, onderskeidelik 41 en 55 jaar oud, is Donderdagaand in hegtenis geneem ná ʼn klandestiene ondersoek. “Die Valke, bygestaan deur die Benoni-honde-eenheid en natuurbewaringspersoneel, het inligting opgevolg en op ʼn huis in Standerton, Mpumalanga toegeslaan. Daar is beslag gelê op 20 renosterhorings ter waarde van ongeveer R7,6 miljoen en ʼn ongelisensieerde vuurwapen met vyf patrone.”

Die twee staan tereg op aanklag van onwettige handeldryf met renosterhoring en die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen. “Die ondersoek duur voort.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.