Twee vas oor R800 000 se perlemoen

Die bokse perlemoen waarop beslag gelê is. (Foto: Verskaf)

Twee mense is Vrydag in Worcester in hegtenis geneem toe hulle in die besit van perlemoen ter waarde van sowat R800 000 betrap is, het die Wes-Kaapse polisie Saterdag gesê.

Volgens kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het die polisie omstreeks 20:00 op inligting gereageer oor perlemoen wat met ’n bus van Kaapstad na Gauteng vervoer word.

Die betrokke bus is in Worcester by ’n vulstasie voorgekeer en deursoek waar snuffelhonde die perlemoen uitgewys het. Polisiebeamptes het op agt bokse in plastiek toegedraai met 2 236 stukke droë perlemoen daarin beslag gelê.

Die twee verdagtes, onderskeidelik 32 en 39 jaar oud, is op die plek in hegtenis geneem, het Van Wyk gesê.

Die verdagtes sal na verwagting binnekort in die Worcester-landdroshof verskyn op aanklag van die onwettige besit van perlemoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Koester jou perlemoentjies ·

Hulle word lang gevangenisstrawwe opgele, langer as die wat verkrag, roof of vermoor.

Boet ·

Wat word van die perlemoen wat beslag op gelê word verkoop die polisie dit of wat

willem botha ·

As daar so gekyk word na die moeite en toegewyde optrede van die polisie as dit by perlemoen diewe kom kan jy mos nou 2 en 2 bymekaar sit.

humor ·

My vraag is om soveel perlemoen te kan stroop is nie n uur of twee se werk nie waar was die kuswag?Ietsie onder die tafel deurgekry? Hul doen beslis nie hul werk nie.

Braam Maree ·

Hoekom word die perlemoen nie ook vernietig soos drank wat uigegooi word wat gekonfiskeer word nie. Ek stem die hoop perlemoen moes oor n lang tydperk geoes gewees het terwyl die Kuswag by die tyd weet waar al die hotspots is.

willem Botha ·

Die tronke is oorvol waar gaan hulle die diewe lank aanhou?

Netso ·

Ek begin dink daar is geen tekort aan hierdie bron as jy hoor hoeveel kilos die laaste tyd beslag gelê word ? Laat jy of jou kind net een uithaal, dan is jou hele vakansie is sy glorie as ñ vis spietkop jou vang!

Hendrik van George ·

Nimmereindigende plundery sal nooit gestop word nie, want daar is nie ‘n WIL om dit te stop nie…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.