Twee vas oor renosterstropery

jail_barsTwee mans sal na verwagting Dinsdag in die Tzaneen-landdroshof in Limpopo verskyn op aanklagte wat met renosterstropery verband hou.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, sê die twee mans sal in die hof verskyn nadat hulle op ʼn plaas in Letsitele in hegtenis geneem is toe hulle glo ʼn renoster probeer stroop het. Sy sê die twee verdagtes, 21 en 25 jaar oud, is Saterdag in hegtenis geneem nadat die polisie inligting opgevolg het oor ʼn moontlike voorval van renosterstropery in die area.

Die polisie het van die toegangsroetes na die plaas afgesper en die motor waarin die twee mans gery het van die pad af getrek en deursoek. “Die polisie het op twee ongelisensieerde vuurwapens, ammunisie, ʼn byl en messe beslag gelê. Die twee mans het ook nie ʼn bestuurslisensie gehad om die motor te gebruik nie.”

Otto sê die verdagtes staan tereg op aanklagte van die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.