Twee vas oor slang in kattebak

Die slang word verwyder. Foto: Verskaf deur SAPD

Twee mans is in hegtenis geneem nadat ʼn luislang, ʼn bedreigde slangspesie, in hul besit gevind is.

Ao. Hazel Mqala, woordvoerder van die polisie in die Oos-Kaap, het gesê ʼn beampte verbonde aan die polisie se honde-eenheid in Oos-Londen het Maandag omstreeks 10:50 ʼn wenk ontvang dat twee mans in ʼn swart Golf GTI in besit van ʼn bedreigde tipe slang is.

Die beampte het in sy private voertuig die wenk opgevolg en die Golf GTI in Devereuxlaan in Berea opgemerk.

Hy het twee beamptes wat aan diens was ontbied om bystand te bied en die voertuig is in Porterstraat in die sakesentrum voorgekeer. Volgens Mqala is die voertuig deursoek en ʼn swart sportsak is in die kattebak gevind. Die luislang was in die sak.

Die twee mans, onderskeidelik 30 en 35 jaar oud, is in hegtenis geneem.

ʼn Beampte van omgewingsake is ontbied om die slang te verwyder en die slang is aan ʼn plaaslike slangpark oorhandig.

Die sak waarin die slang gevind is. Foto: Verskaf deur SAPD

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Cherokee ·

Die slang kon net weer vrygelaat gewees het in die natuur in sy eie omgewing van waar dit weer natuurlik kon voortplant.

Shawn ·

Ongelukkig nie. Hierdie is nie ‘n inheemse spesie nie, maar wel ‘n gewilde eksotiese troeteldier spesie van Suid Amerika. Die Boa constrictor, word soms verkeerdelik na verwys as “Red Tailed Boas”.

Dit is ‘n krimenele oortreding om eksotiese diere in ons natuur vry te laat, grotendeels as gevolg van die moontlike skade wat hulle aan ons ekosisteem kan aanrig.

Of die foto is nie van die slang ter sprake nie, óf die skrywers het hul feite bietjie deurmekaar.

Die grootste berskil tussen Boa’s en “Pythons” is dat Boas lewend geboorte gee, terwyl “Pythons” (luislange) eiers lê.

Ek hoop dit verduidelik goed genoeg.

koos1 ·

Ek hoop regtig nie daai radio in die Golf was aan nie. As dit was sou daai slang mos hoogs befoetered gewees het?

slang ·

hulle smokkel nie-dis ipv ‘n alarm, immobelizer/gearlock/tracking device -all in one

Vraagteken ·

Stem 100% saam ?. Dit was seker die veiligste GTI in die land.

Slang Kenner ·

Die slang op die foto is NIE ‘n luislang nie en ook nie ‘n bedreigde spesie nie… Dit is ‘n Red Tail Boa, ‘n eksotiese slang… Ek weet nie wat die wet in die Oos Kaap se nie, maar in Gauteng mag jy die tiepe slang sonder ‘n permit aanhou, jy moet wel ‘n permit he om hom te vervoer.

Mariné Lourens ·

Dagsê Slang Kenner

Dankie vir jou kommentaar. Let asseblief daarop dat volgens die WAT is ʼn “boa” ʼn algemene naam vir enige groot, niegiftige slang wat sy prooi dooddruk, soos die eintlike boakonstriktor, en word dit vertaal na piton of luislang in Afrikaans. Die Reader’s Digest Afrikaans-Engelse Woordeboek dui dit ook so aan: “boa” word vertaal na luislang (bladsy 712).

Hoop dit klaar die verwarring op.

Groete
Mariné
nms Maroela Media

Slang Kenner ·

Daar is ‘n baie groot verskil tussen ‘n African Rock Python (Python sebae natalensis) (in Afrikaans bloot “Luislang”, wat ‘n bedreigde spesie is en ‘n Red Tail Boa (Boa Constrictor Constrictor en Boa Constrictor Imperator) Die “Boa” is nie dieselfde familie as die “Python” nie, is nie bedreig nie en is ook nie inheems tot Suid Afrika nie. Om te se Boas en Pythons is dieselfde, is soos om te se dat Tiere en Leeus dieselfde is…

Shawn ·

Middag Slang Kenner,
Jou beskrywing is effe verouderd. Die spesie was vroeër jare geglo om dieselfde spesie te wees, maar is verdeel in twee vol spesies. Ons luislang is Python natalensis, of meer bekend as die Suider Afrika Luislang, en is die enigste luislang wat inheems is aan Suid Afrika.

Python sebea, bekend as die African Rock Python, kom nie natuurlik voor in Suid Afrika nie. Daar is verskille, anders as DNS (DNA), wat hierdie twee spesies skei. Skub tellings en die fisiese grootte van die twee spesies, is naas die DNS die twee grootste verskille.

Groete
Shawn Hefer

Shawn ·

Ons Suider Afrika Luislang is wel ‘n beskermde spesie, maar is beslis nie bedreig nie. ‘n Onlangse studie tydens die opstel van die Reptile Atlas, dui daarop dat die getalle van hierdie spesie erg onderskat is. Hulle getalle is glad nie in gedrang nie.

Ek sien my pos wat ek eerstens probeer plaas het word nie toegelaat nie?

Slang Kenner ·

Shawn Hefer. Jy is heeltemal korrek. Dalk bietjie tyd om my kennis om te skerp. Dankie vir daardie.

Veldwagter ·

Ai toggie, dis jammer dat die polisie en media so oningelig is. Dis ‘n eksotiese slang (Boa), ‘n troeteldier tien teen een, en glad nie bedreig nie. Iemand gaan in die moeilikheid wees oor daardie arrestasie……

Shawn ·

Ongelukkig nie. Hierdie is nie ‘n inheemse spesie nie, maar wel ‘n gewilde eksotiese troeteldier spesie van Suid Amerika. Die Boa constrictor, word soms verkeerdelik na verwys as “Red Tailed Boas”.

Dit is ‘n krimenele oortreding om eksotiese diere in ons natuur vry te laat, grotendeels as gevolg van die moontlike skade wat hulle aan ons ekosisteem kan aanrig.

Of die foto is nie van die slang ter sprake nie, óf die skrywers het hul feite bietjie deurmekaar.

Die grootste berskil tussen Boa’s en “Pythons” is dat Boas lewend geboorte gee, terwyl “Pythons” (luislange) eiers lê.

Ek hoop dit verduidelik goed genoeg.

humor ·

Slangkenner ja ons weet slange het nie ore nie, en hulle neem waar deur fibrasie en trillings so daai massiewe luidspreker sou bes;is daai slang n klap van n windmeul toegedien het.

William Hugo ·

Slange het wel nie eksterne ore nie maar het ” inwendige ore” so hulle kan wel hoor. Amper soos die BAHA sisteem wat dowe mense het. Bone ancer hearing.

William Hugo ·

Slange het wel nie eksterne ore nie maar het ” inwendige ore” so hulle kan wel hoor. Amper soos die BAHA sisteem wat dowe mense het. Bone ancer hearing.

Hehehe ·

JIS MAAR EK IS BLY ONS HET SO BAIE SLANGKENNERS OP DIE GROEP … het iemand nou al iets gese oor die manne wat in hegtenis geneem is?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.