Twee vas oor spoed in Kaapstad

Foto: ANA

Foto: ANA

Die verkeersowerheid in Kaapstad het Sondag twee mans in hegtenis geneem nadat albei teen 185 km/h betrap is op die N2 buite die stad.

Maxine Jordaan, woordvoerder van die Kaapstadse verkeersdepartement, het gesê die mans, albei van Noordhoek, sal op aanklagte van roekelose en nalatige bestuur aangekla word.

Die mans is omstreeks 8:43 Sondagoggend op die N2 by Macassar in ʼn 120 km/h-sone betrap. “Albei bestuurders het ʼn vrouepassasier in die motor gehad ten tyde van hul inhegtenisname,” het Jordaan gesê.

Die twee mans sal Dinsdag in die Somerset-Wes-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Soufie ·

We’ll. Hulle kan dit defenief bekostig as dit die motors is wat op die foto is , waarmee hulle gevlieg het.

Peet Schabort ·

Ek is seker die vrou(epassasier) het in beide gevalle die skuld gekry waar dit in der waarheid net ‘n kwessie was van ‘hou Noord(hoek) en foeter voort’ sonder om te dink oor die moontlike gevolge.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.