Twee vas oor springstof in Limpopo

Argieffoto Foto: SAPD

Argieffoto Foto: SAPD

Twee mans het Vrydag in die Musina-landdroshof in Limpopo verskyn op aanklag van die onwettige besit van springstof.

“Victor Chaikumbure (33) en Nicholas Mhlanga (34) van Zimbabwe moet Donderdag weer in die hof verskyn om formeel aansoek te doen om borgtog,” het brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die polisie in Limpopo, gesê.

Die mans is Donderdagmiddag in Le Hellcostraat in hegtenis geneem. “Die polisie het die voertuig deursoek en agt lontontstekers en agt ontploffingspatrone agter die bestuurder se sitplek ontdek,” het Mulaudzi gesê.

Chikambure, wat in daardie stadium die motor bestuur het, het erken die springstof behoort aan hom en hulle is dadelik in hegtenis geneem. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

alet ·

So word die kaders ontplooi mugabe en sy travante in suid afrika steel roof moord verkragting dis alles in 1brein opgeneem

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.