Twee mans is in hegtenis geneem in verband met die moord op Matthys Human (80), wie se liggaam Saterdag in sy huis in Uitenhage in die Oos-Kaap aangetref is.
Ao. Gerda Swart, ʼn polisiewoordvoerder, het Donderdag aan Maroela Media bevestig twee jong mans, albei in hul 20s, is Woensdagaand in hegtenis geneem. “Die polisie het op ʼn wenk reageer en die twee verdagtes by hul huise in Kwa Nobuhle, ʼn woongebied buite Uitenhage, in hegtenis geneem,” het Swart gesê.
Die twee mans moet Vrydag in die Uitenhage-landdroshof verskyn op aanklagte van moord en roof.
Maroela Media het Sondag berig Human se bure het Saterdagoggend die polisie ontbied nadat hulle onraad begin vermoed het, aangesien hulle Human lanklaas gesien het. Human het alleen gebly. Sy liggaam is in die gang aangetref en hy is vermoedelik met ʼn stomp voorwerp oor die kop geslaan.
Talle items waaronder elektriese toebehore is gesteel. Lees meer hier.
Baie, baie dankie aan die persoon wat die wenk deurgegee het, nou vir ‘n suksesvolle skuldigbevinding en LEWENSLANGE TRONKSTRAF.